Somerlek Vir Jou Kudde

In die landbou is die primêre doel van lekke om voedingstofbehoefte in weiding strategies aan te vul in stede daarvan om die weiding self van meet af te vervang.

HOE VERANDER WEIDING IN DIE SOMER?

Ná die eerste lentereën begin die vesels in weiding, soos gemeet in “Neutral Detergent Fibre” (NDF), steselmatig daal. Tesame hiermee daal die lignien-inhoud ook, wat tot gevolg het dat NDF verteerbaarheid verhoog.

Maklik-verteerbare koolhidrate, veral suiker, begin ook vinnig toeneem. Die gevolg is dat die energie-inhoud van weiding steselmatig begin styg om in Januarie ʼn maksimum te bereik. Tesame met ʼn hoër energie-inhoud verhoog diere se inname van weiding ook gedurende hierdie tyd.

Die netto resultaat van al hierdie veranderinge is dat totale energie-inname sodanig verhoog dat dit normaalweg gedurende die somer voldoende is om in die energiebehoeftes van droë en dragtige diere te voorsien, hoewel lakterende diere soms nog energie-aanvulling benodig.

Gereelde “Body condition scoring” op ʼn skaal van 1 – 5 kan ʼn handige maatstaf wees om die energie-status van diere te monitor en sodoende ʼn data-stel te onwikkel vir toekomstige verwysing.

Waar proteïen in weiding so laag as 4% in die winter daal, wat minder as die helfte van meeste diere se behoefte vir onderhoud is, neem die proteïeninhoud van weiding toe tot meer as 14% in die somer. Tesame met verhoogde inname het dit tot gevolg dat natuurlike weiding in die somer in die meeste diere se proteïenbehoefte kan voorsien. Weereens mag lakterende diere onder sekere omstandighede aanvullende proteïen benodig.

HOEKOM SOU ʼn LEK DAN NODIG WEES?

Indien energie en proteïen wel onder sekere omstandighede gedurende die somer aangevul moet word (soos bv. gedurende laktasie)kan van Sernick se Somerlek 10 gebruik gemaak word. Laasgenoemde word teen 200 – 450 gram/dag aan beeste voorsien, en 50 – 80 gram/dag aan skape voorsien.

In teenstelling met energie en proteïen, bevat natuurlike weiding in die somer oor die algemeen nie voldoende fosfor (P) om in die fisiologiese behoeftes van diere te voorsien nie. Fosfor is noodsaaklik vir energie-benutting en is saam met kalsium ook noodsaaklik vir beenvorming. Indien beeste ʼn fosfortekort ontwikkel sal hulle ʼn kondisie genaamd pika ontwikkel, en begin om bene in die veld te vreet wat kan aanleiding gee tot lamsiekte.

Natuurlike weiding kan in die somer so min as 0.15% fosfor bevat en met ʼn daaglikse inname van 6 kg weiding per bees per dag word so min as 9g fosfor dan daagliks ingeneem. Afhangende van die fisiologiese stadium word tussen12 en 18g fosforegter daagliks deur beeste benodig.

Dit beteken dat fosfor daagliks deur middel van ʼn soutfosfaat-lek soos Sernick se Soutfos 6 aangevul moet word. Met ʼn lek-inname van 100g per bees per dag word 6g addisionele fosfor ingeneem om die fosfor vanaf hul weiding effektief aan te vul.

Dragtige ooie met tweelinge benodig ongeveer 3.6g fosfor per dag en indien hulle 2g fosfor vanaf weiding inneem benodig hulle ʼn addisionele 1.6g fosfor per dag wat deur 30g Soutfos 6 voorsien kan word.

Benewens fosfor-aanvulling is soutfosfaat-lekke ook noodsaaklik om sout(NaCl) aan te vul. Sout word benodig om die natuurlike waterbalans in diere se interne bioom te handhaaf. Soutbehoefte word in die somer verhoog omdat sout in die vorm van sweet verlore gaan.

Laastens bevat Soutfos 6 ook mikrominerale wat noodsaaklik is produksie, reproduksie en verhoogde immuniteit.

HOE WEET EK WATTER TIPE LEK MY DIERE NODIG HET?

Die mees gepaste lekke asook die hoeveelheid lek/dier/dag word deur ʼn groot verskeidenheid faktore bepaal waarvan die veldtoestand en diere se kondisie die belangrikste is. Kontak gerus u plaaslike Sernick tegniese adviseur vir spesifieke aanbevelings.

6 thoughts on “Somerlek Vir Jou Kudde”

    1. Hallo Joseph – dankie vir jou navraag – ons gaan een van ons Tegniese adviseurs vra om vir jou ’n email te stuur want dit gaan afhang watter tipe beeslek dit is.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

For security, use of Google's reCAPTCHA service is required which is subject to the Google Privacy Policy and Terms of Use.

Subscribe to our Newsletter

Subscribe to Sernick for our latest news, articles and promotions 

Kobus Theart

Kobus Theart

Kobus Theart

Kriek van Niekerk

Wiegard Brummer

Stoffel Gouws

CM Kotze

CM Kotze

Wiegard Brummer

Danie Fourie

Mienke Van Rensburg

Mienke Van Rensburg

Bethal Depot

Alijay van der Merwe

TECHNICAL ADVISORS
Contact PersonContact NumberE-mail AddressArea/Job Description
Kobus Theart078 505 5363kobust@sernick.co.zaNorth West | Gauteng & Mpumalanga
Kriek van Niekerk076 757 6771kriek@sernick.co.zaNorthern & Western Free State
Wiegard Brummer082 804 3462wiegard@sernick.co.zaCentral & Southern Free State & Eastern Cape
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaKZN
CM Kotze082 553 7189cm.kotze@sernick.co.zaEastern Free State & KZN
Mienke Van Rensburg084 426 1276mienke@sernick.co.zaNorth West and Northern Cape
Danie Fourie071 083 5601daniefourie@sernick.co.zaEastern & North-Eastern Free State
ORDERS
Order Clerk066 426 7771orders@sernick.co.za-
FACTORY
Contact PersonContact NumberE-mail AddressJob Title
Alwyn Laas082 056 8065alwyn@sernick.co.zaOperational Manager
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaManaging Director: Sernick Feeds
DEBTORS
Ann Dalton082 620 4045debtors@sernick.co.za-
DEPOTS
Aljay van der Merwe072 241 2032bekkermeule@gmail.comBethal
NUTRITIONAL CONSULTANTS
ConsultantContact NumberType of Nutrition
Dr. Piet Swiegers082 579 4290Ruminant Nutrition
Jannie Maritz082 417 8196Monogastric Nutrition

UREA POISONING GUIDE

WARNING

  • These animal feeds contain urea and other NPN sources. Pellets should be fed strictly according to the directions for use.

  • Animals that are not adapted to urea rations must be fed a salt-phosphate lick for seven (7) days prior to feeding urea rations. Vinegar is an effective antidote for NPN poisoning. Mix equal parts of vinegar and water and dose half a bottle per calf or large sheep and 2–4 bottles per head of cattle (1 bottle = 750ml).

  • Protect feed from rain as NPN can dissolve in water. Animals that consume this contaminated mixture can be poisoned.

  • Do not offer this feed indiscriminately with other feeds that contain NPN.

Contact the Sernick technical staff for further information and enquiries.