Bonsmara SA se Nasionale Vroulike Dier-veiling is op 14 Maart by die Afridome in Parys gehou. Meer as 50 uitstaande vroulike diere van 23 toptelers regoor die land is aangebied en uitstekende pryse is behaal. Dit was veral ’n goeie geleentheid vir nuwe toetreders tot die mark om genetika uit verskillende topkuddes op een plek te koop. Die veilingsomset was R2 198 000.
Sernick se uitslae
• K+K : R50 000 : Koper Martiens Aveling
• K+K : R120 000 : Koper Martiens Aveling
• Dragtige Vers : R70 000 : Koper Christof Smit van Roedtan
• Dragtige Vers : R85 000 : Koper Up George van Newcastle