Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) Vrystaat se jaarkongres het op 9 Junie 2016 by Leopard and Lace in Bloemfontein plaasgevind. Top sprekers het belangrike onderwerpe soos naspeurbaarheid, vennootskappe in landboubesighede, handelsmerkontwikkeling, die gebruik van JSE beesvleis-termynkontrakte, genetiese waardetoevoeging tot teelkuddes en finansiële bestuur bespreek. Die sprekers het ingesluit NC Schoombee van Boere in Nood, dr Michael Labuschagne van Clinomics DNS, Nick Serfontein van die Sernick-groep, dr Kobus Laubscher, Jan van der Walt van die hoofborg, VKB, dr John Purchase van Agbiz, Luan van der Walt van die Universiteit van die Vrystaat, Niël Pienaar, prof Johann Kirsten en dr Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek. – Danfrid Morolong
RPO VRYSTAAT HOU KONGRES
Subscribe to our Newsletter
Subscribe to Sernick for our latest news, articles and promotions