Die voerkraaldebat oor die prestasie van verskillende beesrastipes in ’n voerkraal is altyd ’n interessante, dog gevoelige onderwerp waaroor verskeie instansies en individue graag hul mening lug. Elke rastipe het unieke eienskappe wat die boer, voerkraal, verwerker en bemarker ten volle moet benut. Ons moet dus produksiemetodes ontwikkel en toepas om hierdie unieke eienskappe optimaal te benut.
Om antwoorde op die verskeidenheid vrae te kry, het die Universiteit van die Vrystaat se Departement van Landbou-ekonomie ’n interras-tipe voerkraal-eksperiment uitgevoer.
Die voerkraalproef is deur Sernick gehuisves vir die Universiteit van die Vrystaat se Departemente van Landbou-ekonomie (Eenheid in Lewendehawe Ekonomie), Vee-, Wild en Weidingkunde asook Voedselwetenskap. Ander projekvennote sluit in die LNR (Landbounavorsingsraad) en Veeplaas.
Die projek het ten einde geloop en resultate is in ‘n reeks artikels in Veeplaas beskikbaar gestel.