Sernick 6 soutfosfaatblok

Hoekom is fosfor- en soutaanvulling noodsaaklik?

Fosfor is eerstens noodsaaklik vir energiebenutting, selgroei en seldifferensiasie. Diere wat blootgestel is aan ‘n ernstige fosfortekort verloor derhalwe vinnig gewig en kondisie. Fosfor speel ook n kritiese rol in die suur/basis-balans in die dier se liggaam.

Tweedens is fosfor saam met kalsium ook noodsaaklik vir beenvorming. Indien beeste ʼn fosfortekort ontwikkel, sal hulle ʼn kondisie genaamd pika ontwikkel, en begin om bene in die veld te vreet wat kan aanleiding gee tot lamsiekte.

Fosforbehoeftes neem toe tydens laat dragtigheid en bereik ‘n hoogtepunt gedurende vroeë laktasie.  

Sout (NaCl)  is noodsaaklik aangesien beide natrium (Na) en Chloor (Cl) betrokke is by die handhawing van osmotiese druk, beheer van waterbalans en regulering van suur/basis-balans. Soutbehoefte verhoog in die somer omdat meer sout in die vorm van sweet verlore gaan.

In teenstelling met energie en proteïen, bevat natuurlike weiding in die somer oor die algemeen nie voldoende fosfor (P) om in die behoefte van lakterende koeie te voorsien nie.  Somermaande (Desember, Januarie, Februarie) is tradisioneel ook kalftyd wanneer die P-behoeftes maksimaal is.   

Natuurlike weiding kan in die somer so min as 0.1% fosfor bevat en met ʼn daaglikse inname van 12 kg weiding per bees per dag (droëmateriaalbasis) word 12 g fosfor daagliks ingeneem vanaf weiding terwyl lakterende koeie 18g fosfor per dag benodig.

Soutfos 6-blokke

Vanaf bostaande is dit duidelik dat dit noodsaaklik is om sout en fosfaat daagliks aan te vul. Dit kan gedoen word deur Sernick se Soutfos 6-lekblok te gebruik. Hierdie produk bevat 6% P en bestaan uit ongeveer 50% natriumchloried.

Met ʼn lekinname van 100 g per bees per dag word 6 g addisionele fosfor vanaf die lekblok  ingeneem om die fosfor vanaf hul weiding effektief aan te vul.

Dragtige ooie met tweelinge benodig ongeveer 3.8 g fosfor per dag en indien hulle 2 g fosfor vanaf weiding inneem, benodig hulle ʼn addisionele 1.8 g fosfor per dag wat deur 30 g Soutfos 6 voorsien kan word.

Laastens bevat Soutfos 6 ook mikrominerale wat noodsaaklik is vir produksie, reproduksie en verhoogde immuniteit.

Lekblokke bied n praktiese alternatief vir konvesionele lekke aangesien dit grootliks waterbestand is tydens reën in die somer. Daarbenewens is dit ook maklik hanteerbaar. 

Geskryf deur Dr. Piet Swiegers

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

For security, use of Google's reCAPTCHA service is required which is subject to the Google Privacy Policy and Terms of Use.

Subscribe to our Newsletter

Subscribe to Sernick for our latest news, articles and promotions 

Kobus Theart

Kobus Theart

Kobus Theart

Kriek van Niekerk

Wiegard Brummer

Stoffel Gouws

CM Kotze

CM Kotze

Wiegard Brummer

Danie Fourie

Mienke Van Rensburg

Mienke Van Rensburg

Bethal Depot

Alijay van der Merwe

TECHNICAL ADVISORS
Contact PersonContact NumberE-mail AddressArea/Job Description
Kobus Theart078 505 5363kobust@sernick.co.zaNorth West | Gauteng & Mpumalanga
Kriek van Niekerk076 757 6771kriek@sernick.co.zaNorthern & Western Free State
Wiegard Brummer082 804 3462wiegard@sernick.co.zaCentral & Southern Free State & Eastern Cape
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaKZN
CM Kotze082 553 7189cm.kotze@sernick.co.zaEastern Free State & KZN
Mienke Van Rensburg084 426 1276mienke@sernick.co.zaNorth West and Northern Cape
Danie Fourie071 083 5601daniefourie@sernick.co.zaEastern & North-Eastern Free State
ORDERS
Order Clerk066 426 7771orders@sernick.co.za-
FACTORY
Contact PersonContact NumberE-mail AddressJob Title
Alwyn Laas082 056 8065alwyn@sernick.co.zaOperational Manager
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaManaging Director: Sernick Feeds
DEBTORS
Ann Dalton082 620 4045debtors@sernick.co.za-
DEPOTS
Aljay van der Merwe072 241 2032bekkermeule@gmail.comBethal
NUTRITIONAL CONSULTANTS
ConsultantContact NumberType of Nutrition
Dr. Piet Swiegers082 579 4290Ruminant Nutrition
Jannie Maritz082 417 8196Monogastric Nutrition

UREA POISONING GUIDE

WARNING

  • These animal feeds contain urea and other NPN sources. Pellets should be fed strictly according to the directions for use.

  • Animals that are not adapted to urea rations must be fed a salt-phosphate lick for seven (7) days prior to feeding urea rations. Vinegar is an effective antidote for NPN poisoning. Mix equal parts of vinegar and water and dose half a bottle per calf or large sheep and 2–4 bottles per head of cattle (1 bottle = 750ml).

  • Protect feed from rain as NPN can dissolve in water. Animals that consume this contaminated mixture can be poisoned.

  • Do not offer this feed indiscriminately with other feeds that contain NPN.

Contact the Sernick technical staff for further information and enquiries.