43rd Production Sale

55 Phase C tested stud bulls, including 5 herd sires & 870 female animals

Friday 4 June 2021 @ 11am Liebenbergstroom, Edenville
Share on facebook
Share on linkedin
Share on twitter
Share on whatsapp

Nou Kyk Ons Vorentoe

Ek het nooit verwag dat die voorstel oor onteiening sonder vergoeding sal slaag nie. Nogtans is dit goeie nuus vir die ekonomie en die mense van Suid-Afrika. Wat my aan betref was die proses net kleinlike politieke speletjies wat Suid-Afrikaners in ‘n kookpot van rassisme en radikalisme gedompel het en onnodig emosies opgejaag het. Die huidige Artikel 25 maak in elk geval voorsiening vir onteiening sonder vergoeding en daar is by my geen twyfel dat dit gaan gebeur nie, maar dit gaan nie gebeur met produktiewe grond nie. 

Die afgelope twee jaar het die waarde van Suid-Afrika se boere beklemtoon en ons mag nie toelaat dat ons fokus versteur word met dit waarmee ons goed is nie, en dit is om kos te produseer.

Ek glo egter ook dat hierdie ‘n wekroep was vir kommersiële boere om betrokke te raak by grondhervorming. Suid-Afrika sal in ‘n staat van rassisme en radikalisme bly solank as wat grondhervorming misluk. Suksesvolle grondhervorming beteken nie om net grond uit te deel nie; dit beteken die vestiging en groei van ontwikkelende boere. Wat dit aan betref, herhaal ek my standpunt dat die Regering dit nie gaan regkry sonder die hulp van die kommersiële sektor nie.

Ons het keuses in hierdie pragtige land van ons:

·         Ons kan sê SA is besig om ineen te stort en emigreer.

·         Of ons kan sê SA is besig om ineen te stort en kyk wat gebeur.

·         Of ons kan betrokke raak en ons hande vuil maak.

Ek verkies om my hande vuil te maak.

Mooi loop.

Nick Serfontein

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Subscribe to our Newsletter

Subscribe to Sernick for our latest news, articles and promotions 

0