Landbou is en bly ân goeie beleggingsgeleentheid, die droogte en ekonomiese terugslae ten spyt. Ons gesels met kundiges oor die landboubeleggingslandskap en vind uit waarom hierdie sektor, ten spyte van sy uitdagings, so ân goeie opsie aan beleggers bied. Ons kyk ook na Afrika as ân geleentheid om jou landbou-onderneming uit te brei.
Kuier saam by die Harmse-gesin van die RCH Ile de France-stoet, Limpopo Melkery en Dries Visser senior en junior. Ons gesels ook met Guillau du Toit van Fraserburg oor ân hamelkomponent in jou boerdery.
Die droogte het kuddevermindering in groot dele van die land ân noodsaaklikheid gemaak. Ons gesels met kundiges oor hoe dit op die regte manier gedoen kan word. Die Junie-uitgawe bevat ook die volgende in ân reeks artikels oor die uitslae van die Sernick Presisie-afrondingsprojek. Sien in die uitgawe die resultate behaal deur Bonsmara-diere in die eksperiment.
In die dieregesondheidsafdeling kan jy lees oor longontsteking, beesvirusdiaree en meer. In die Voer en Weidingsafdeling kan jy lees oor die saamstel van rantsoene, winterweidings vir beter voervloei en die gebruik van lekblokke vir speenlammers.
Die Junie-uitgawe van Veeplaas bevat terugvoer oor verskeie onlangse geleenthede in die veebedryf. Sien meer oor die Veeplaas Intensiewe Skaapproduksieskool, SA Wolweek en meer.