Die Belangrikheid Van Lekke In Die Wintermaande.

Die Belangrikheid Van Lekke In Die Wintermaande.

Die afgelope reënseisoen was weer uitsonderlik, maar alhoewel die veld ruig staan, daal die voedingswaarde van veld drasties in die herfs wanneer gras begin saad maak. Dit gebeur omdat die plant dan maklik verteerbare koolhidrate na die wortels toe verskuif en die blare en stingels oorbly met ‘n hoë persentasie laer verteerbare vesel.

Vesel word algemeen gemeet as “neutral detergent fibre”(NDF). Behalwe dat die NDF van natuurlike weiding van ongeveer 55% na 75% verhoog, neem lignifikasie ook toe. Lignien is nie net self totaal onverteerbaar nie, maar dit bind ook met NDF om laasgenoemde se verteerbaarheid te verlaag. Benewens die feit dat verhoogde NDF weiding se verteerbaarheid verlaag, verlaag dit ook weiding se inname. Dus neem die totale energie inname af – double whammy soos hulle in engels sal se!

Tesame met ‘n styging in die persentasie laer verteerbare koolhidrate vind daar ook terselfdertyd ‘n afname in die persentasie protein plaas. Protein vanaf gras word grootliks deur mikrobes in die grootpens na ammoniak afgebreek. Ammoniak is noodsaaklik vir die vertering van NDF en ‘n tekort lei tot die afsterf van mikrobes, lae NDF verteerbaarheid en verlaagde energievoorsiening aan die dier.

Die vraag is dus hoe nou gemaak met winterveld. Eerstens is dit belangrik om veselvertering te maksimeer deur ureum bevattende lekke op grasveld te voorsien. Ureum word in die grootpens 100% afgebreek na ammoniak wat absoluut noodsaaklik is vir die groei en vermeerdering in veselverterende bakterieë.

Tweedens is dit belangrik om in die mikro- en makromineraal behoeftes van die diere te voorsien. Hierdie nutriënte behoort standaard in alle winterlekke ingesluit te word. Veral natrium, chloor, kalsium en fosfor moet aandag geniet.

Onderhoudslekke as aanvulling op goeie kwaliteit veld behoort in die winter voldoende te wees om in die behoeftes van volwasse droë diere te voorsien.

Sernick Veevoere se Winterlek 40 is ‘n uitstekende lek vir beeste op winterveld en kan teen 500 tot 700 gram per dag aan medium raam koeie en 600 tot 800 gram per dag aan groot raam koeie voorsien word.

Vir skape is Sernick Veevoere se Wolskaaplek ‘n veeldoelige lek vir alle skaaprasse en kan teen 90 tot 200 gram per dag aan droë ooie en hamels op winterveld voorsien word om hulle onderhoudsbehoeftes te bevredig.

Derdens moet die fisiologiese stadium van die dier in ag geneem word. Onderhoudslek sal vir jong groeiende diere asook dragtige en lakterende diere in die winter onvoldoende wees. Die diere sal addisionele energie en proteïen in die vorm van ‘n produksielek benodig.

Sernick het verskeie produksielekke wat pasgemaak is vir die behoeftes van veeboere. Tydens Sernick Veevoere se Winterlek Promosie van 1 Maart – 29 April is die volgende produkte ook op promosie:

Produksielek 20

Wolskaaplek

Winterlek 40

Lekkonsentraat

Winslek 50

Die lekkeuse asook die hoeveelheid lek per dier per dag word deur ‘n groot verskeidenheid faktore bepaal waarvan die veldtoestand en diere se kondisie die belangrikste is. Kontak gerus u plaaslike Sernick tegniese adviseur vir spesifieke aanbevelings.

Dit is belangrik om daarop te let dat ‘n oormaat ureum toksies is vir herkouers en dat die voorskrifte op die sakkaartjie gelees moet word alvorens ureumbevattende lekke voorsien word.

2 thoughts on “Die Belangrikheid Van Lekke In Die Wintermaande.”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

For security, use of Google's reCAPTCHA service is required which is subject to the Google Privacy Policy and Terms of Use.

Subscribe to our Newsletter

Subscribe to Sernick for our latest news, articles and promotions 

Kobus Theart

Kobus Theart

Kobus Theart

Kriek van Niekerk

Wiegard Brummer

Stoffel Gouws

CM Kotze

CM Kotze

Wiegard Brummer

Danie Fourie

Mienke Van Rensburg

Mienke Van Rensburg

Bethal Depot

Alijay van der Merwe

TECHNICAL ADVISORS
Contact PersonContact NumberE-mail AddressArea/Job Description
Kobus Theart078 505 5363kobust@sernick.co.zaNorth West | Gauteng & Mpumalanga
Kriek van Niekerk076 757 6771kriek@sernick.co.zaNorthern & Western Free State
Wiegard Brummer082 804 3462wiegard@sernick.co.zaCentral & Southern Free State & Eastern Cape
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaKZN
CM Kotze082 553 7189cm.kotze@sernick.co.zaEastern Free State & KZN
Mienke Van Rensburg084 426 1276mienke@sernick.co.zaNorth West and Northern Cape
Danie Fourie071 083 5601daniefourie@sernick.co.zaEastern & North-Eastern Free State
ORDERS
Order Clerk066 426 7771orders@sernick.co.za-
FACTORY
Contact PersonContact NumberE-mail AddressJob Title
Alwyn Laas082 056 8065alwyn@sernick.co.zaOperational Manager
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaManaging Director: Sernick Feeds
DEBTORS
Ann Dalton082 620 4045debtors@sernick.co.za-
DEPOTS
Aljay van der Merwe072 241 2032bekkermeule@gmail.comBethal
NUTRITIONAL CONSULTANTS
ConsultantContact NumberType of Nutrition
Dr. Piet Swiegers082 579 4290Ruminant Nutrition
Jannie Maritz082 417 8196Monogastric Nutrition

UREA POISONING GUIDE

WARNING

  • These animal feeds contain urea and other NPN sources. Pellets should be fed strictly according to the directions for use.

  • Animals that are not adapted to urea rations must be fed a salt-phosphate lick for seven (7) days prior to feeding urea rations. Vinegar is an effective antidote for NPN poisoning. Mix equal parts of vinegar and water and dose half a bottle per calf or large sheep and 2–4 bottles per head of cattle (1 bottle = 750ml).

  • Protect feed from rain as NPN can dissolve in water. Animals that consume this contaminated mixture can be poisoned.

  • Do not offer this feed indiscriminately with other feeds that contain NPN.

Contact the Sernick technical staff for further information and enquiries.