WOOL SHEEP LICK CONCENTRATE / WOLSKAAPLEK KONSENTRAAT
Wolskaaplek konsentraat is 'n proteïenkonsentraat van hoë gehalte met genoegsame energie om vleis-, wol- en melkproduksie te stimuleer. Hierdie lek is die afgelope jaar met groot sukses gebruik as onderhoudslek, produksielek en energielek op droë winterweiding. Die hoë persentasie “deurvloeiproteïen” en swaelbevattende aminosure stimuleer melkvloei, verhoog die gehalte van die biesmelk en voorkom parakeratose wanneer die diere stres ervaar onder swak voedingsomstandighede. Dit stimuleer diere om die beskikbare weiding beter te benut deur die mikro-organismes in die rumen te aktiveer om die vertering van gras te verbeter. Wolskaaplek konsentraat verlaag die impak van parasietbesmetting op die produktiwiteit van kleinvee deur die immunologiese weerstand van diere te verhoog, veral tydens stresvolle tye (soos paring, laat laktasie, lamtyd en spening).
Registrasie Wet 36/1947 | V20297 | |
Nutriënt | Wolskaaplek konsentraat | Eenheid |
Proteïen (min) | 470 | g/kg |
Proteïen ex NPN (maks) | 54.5 | % |
Ureum (maks) | 80 | g/kg |
Kalsium (maks) | 30 | g/kg |
Vesel (maks) | 100 | g/kg |
Vet (min) | 20 | g/kg |
Fosfor (min) | 12 | g/kg |
Vog (maks) | 120 | g/kg |
Swael (min) | 9 | g/kg |
Mangaan (min) | 270 | mg/kg |
Koper (min) | 41 | mg/kg |
Kobalt (min) | 1.5 | mg/kg |
Yster (min) | 210 | mg/kg |
Jodium (min) | 9 | mg/kg |
Sink (min) | 330 | mg/kg |
Selenium (min) | 1.5 | mg/kg |
Ammonium sulfaat (min) | 16 | mg/kg |
Vitamien A (min) | 16 000 | UI/kg |
(ME) Ruminant | 5 | MJ/kg |
MENGINSTRUKSIES
PRODUK | ENERGIELEK | PRODUKSIELEK | ONDERHOUDSLEK |
Wolskaaplek konsentraat | 250 kg | 350 kg | 500 kg |
Mielies (Prot 85g/kg min) | 650 kg | 500 kg | 300 kg |
Sout | 100 kg | 150 kg | 200 kg |
TOTAAL | 1000 kg | 1000 kg | 1000 kg |
VOEDING AANBEVELING:
Hierdie mengsel is 'n aanvulling en nie 'n veevoer nie. Daar moet ten alle tye voldoende weiding/ruvoer beskikbaar wees wanneer hierdie produk aangebied word. Hou lekbakke gevul om te voorkom dat gierige diere oormatig vreet. Oormatige inname kan vergiftiging veroorsaak. Voordat 'n lek met NPN aan diere gevoer word, moet 'n soutfosfaat lek minstens 7 dae vooraf vir diere gevoer word.
AANBEVOLE DAAGLIKSE INNEMING
Raadpleeg die tegniese personeel van Sernick vir inligting en advies.
VORM EN VERPAKKING:
Hierdie produk is beskikbaar in 50kg sakke.
WAARSKUWING:
Hierdie veevoer bevat 'n NPN-bron en/of geregistreerde medisyne. Voeding moet streng volgens die aanwysings gedoen word.
PRODUK | GRAM / DIER / DAG |
Energielek | 400 – 500 |
Produksielek | 350 – 400 |
Onderhoudslek | 120 – 150 |
