patrick

Patrick Sekwatlakwatla

HOOF VAN TRANSFORMASIE

Matome Patrick Sekwatlakwatla is in 1970 gebore en het op ʼn klein dorpie bekend as Edwinsdale, Ga-Kibi in die Limpopo provinsie grootgeword. Patrick se familie het met vee geboer en hy het baie van sy tienerjare as ʼn veewagter deurgebring. Hy het in 1992 aan die Hoërskool Mathipa Makgato in Kromhoek gematrikuleer waarna hy weg is om tussen 1994 en 1997 by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aan te sluit. Deur die SANW kon Patrick vir ʼn ITO Diploma (Instituut vir Verkeersbeamptes) deur die Lyceum Correspondence College studeer, asook ʼn Sekuriteitsbestuursertifikaat deur Intec College.

Patrick was ʼn gretige leerder en kort nadat hy by die SANW weg is, het hy ingeskryf om Diereproduksie deur UNISA te studeer. Ongelukkig kon hy nie as gevolg van finansiële beperkings die diploma klaarmaak nie, maar dit was genoeg om sy belangstelling in landbou te prikkel. Met behulp van sy nuwe werkgewer MGK OBARO, het Patrick by die Tshwane Universiteit van Tegnologie ingeskryf waar hy sy AVCASA kursus in 2005 voltooi het, sowel as NQF 3 Diereproduksie met Bathopele, Peritum Agri Instituut in 2007.

Gedurende sy twaalf jaar by OBARO het Patrick verskeie bestuurs- en opleidingsposte beklee. Hy was verantwoordelik vir die opleiding van alle verkoopspersoneel by OBARO koöperasies, die mentorskap en opleiding van opkomende boere oor die belangrikeheid van inentings, sowel as die opvoeding oor alle aspekte van voeraanvullingsprogramme vir veeboerdery. Terwyl hy by OBARO gewerk het, het Patrick ook waardevolle ervaring en kennis in die graanbedryf opgedoen en hy was verantwoordelik vir die vestiging van die OBARO Voerkraal vir Opkomende Boere, OBARO se Karkaskompetisies vir Opkomende Boere en die OBARO Inligtingsdae vir Opkomende Boere.

In 2014 het Patrick by die Sernick Groep aangesluit as Hoof van CSI en Bemarking en het sedertdien ʼn belangrike rol gespeel in die stigting van die Opkomende Boere se Karkaskompetisie, die Sernick Boeredag, die Opleidingsprogram vir Opkomende Boere, SP Bull Speenkalfuitruilprogram, Pasgemaakte Voedingsprojekte en die Serlaff Primêre en Seed First Tersiêre Co-op Inisiatief. Die Serlaff Co-op Inisiatief is deel van die Emerging Farmers Jobs Fund Project wat verantwoordelik is vir die lewering van belowende nuwe boere aan die landbousektor en dien as 'n suksesvolle model om opkomende boere in Suid-Afrika te bemagtig.

Patrick het meer as 20 jaar se ondervinding in die landbou sektor. Hy is ook Suid Afrika se eerste swart beoordelaar van diere en hy kan alle soorte en rasse beoordeel en keur, en het uitgebreide kennis en ervaring oor al die dinamika van die voerkraalbedryf en veeboerdery. Patrick dien ook as ʼn raadslid op die Suid-Afrikaanse Fat-stock Judging Association.

Kobus Theart

Kobus Theart

Kobus Theart

Kriek van Niekerk

Wiegard Brummer

Stoffel Gouws

CM Kotze

CM Kotze

Wiegard Brummer

Danie Fourie

Mienke Van Rensburg

Mienke Van Rensburg

Bethal Depot

Alijay van der Merwe

TEGNIESE ADVISEURS
KontakpersoonKontak Telefoon NommerE-posadresArea / Posbeskrywing
Kobus Theart078 505 5363kobust@sernick.co.zaNoordwes, Gauteng & Mpumalanga
Kriek van Niekerk076 757 6771kriek@sernick.co.zaNoord- & Wes-Vrystaat
Wiegard Brummer082 804 3462wiegard@sernick.co.zaCentral & Southern Free State & Eastern Cape
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaKZN
CM Kotze082 553 7189cm.kotze@sernick.co.zaEastern Free State & KZN
Mienke Van Rensburg084 426 1276mienke@sernick.co.zaNorth West and Northern Cape
Danie Fourie071 083 5601daniefourie@sernick.co.zaOos- & Noordoos-Vrystaat
BESTELLINGS
Bestellingsklerk066 426 7771orders@sernick.co.za-
FABRIEK
KontakpersoonKontak Telefoon NommerE-posadresPosbeskrywing
Alwyn Laas082 056 8065alwyn@sernick.co.zaBedryfsbestuurder
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaBesturende Direkteur: Sernick Veevoere
DEBITEURE
Ann Dalton082 620 4045debtors@sernick.co.za-
DEPOTS
Aljay van der Merwe072 241 2032bekkermeule@gmail.comBethal
VOEDINGSKONSULTANTE
KonsultantKontak Telefoon NommerTipe voeding
Dr. Piet Swiegers082 579 4290Herkouervoeding
Jannie Maritz082 417 8196Monogastriese voeding

UREUMVERGIFTIGINGSGIDS

WAARSKUWING

  • Hierdie veevoer bevat ureum en ander NPN-bronne en moet streng volgens die aanbevelings gevoer word.

  • Diere wat nie op ureumrantsoene aangepas is nie, moet eers 7 dae ’n sout/fosfaatlek gevoer word. Asyn is ’n doeltreffende middel teen NPN-vergiftiging. Meng met gelyke hoeveelheid water en doseer ’n halwe bottel per kalf of groot skaap en 2 - 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml).

  • Beskerm hierdie voedsel teen reën. NPN is oplosbaar en diere wat so ’n oplossing drink, kan vergiftig word.

  • Moenie hierdie veevoedsel onoordeelkundig saam met ander NPN-bevattende veevoedsel voer nie.

Raadpleeg Sernick se tegniese personeel vir meer inligting of navrae.