sernick

TYDLYN

BEGIN
1948

Nick Serfontein word gebore in Edenville in die Vrystaat.

1966


Nick verwerf sy matrieksertifikaat aan Edenville Hoërskool.

1967-1970


Nick skryf in by die Universiteit van Pretoria en voltooi sy BSc Ingenieursgraad.

1971-1975


Werk by Sapekoe Tea Estates in Tzaneen as hoofingenieur.

1976-1977


Werk by Norse Construction in Nelspruit.

1977


Nick sluit aan by Eksteen, Van Der Walt & Nissen as raadgewende ingenieur en word na slegs ses maande aangestel as direkteur by die firma.

1991


Nick stig EVN Consulting Engineers en word as voorsitter aangewys.

1999


Die Otto Langenhegger Consulting Engineers-firma word aangekoop en smelt saam met EVN. Beide maatskappye word verkoop aan die Bigen Africa Group. Nick Serfontein word aangewys as voorsitter van die groep.

2003


Die Bigen Africa Group herstruktureer en Nick word as ondervoorsitter aangestel.

DIE SERNICK GROEP
1978

Sernick (Pty Ltd.) word geregistreer om ingenieursdienste as 'n konsultant-ingenieurs praktyk te lewer en die Sernick Trust word gestig met Nick as kurator en sy drie kinders Nicolette, Vida en Carel as begunstigdes.

1983-1989


Nick koop sy eerste 30 kommersiële Bonsmara-verse sowel as die plaas Vredeverwag (251ha) en begin die eerste Sernick Bonsmara-stoetery. Die stoet word geleidelik vergroot, en hy huur die plaas Liebenbergstroom van sy pa.

1990


Nick koop die plase Liebenbergstroom (857ha, van sy pa), Rachelsdeel (452ha), Hebron (171ha) en Vlakte (256ha) aan en vergroot die stoetery.

Die eerste volledig-outomatiese Fase C-bultoetsstasie word op die plaas Liebenbergstroom gebou om bulle te toets vir gemiddelde daaglikse gewigsaanwas en voeromsetting.

1995


ʼn Verdere 362ha word aangekoop – Nick koop 'n gedeelte van die plaas Constantia.

1997


'n Voerkraal vir 1500 beeste word op die plaas Liebenbergstroom gebou.

1997


Nick koop die plaas La Rochelle (320 ha) en die oorblywende gedeeltes van Constantia (447ha). Sernick Veevoere (Pty Ltd.) word geregistreer, en 'n voerfabriek word by die plaas Liebenbergstroom gevoeg. Sernick Abattoir (Pty Ltd.) word geregistreer, en die abattoir in Kroonstad word teen R1,4 miljoen aangekoop. 'n Verdere R3-miljoen word bestee aan die verbetering en opgradering van die abattoir.

1998


Die abattoir word gesluit vanweë swak finansiële prestasie.

'n Nuwe inisiatief word van stapel gestuur onder die naam Country Cuts, waar Bonsmara-karkasse ontbeen en aan franchise-afsetpunte voorsien word.

1999


Veevoere ondervind tegniese probleme en dit beperk die produksie tot 2400 ton per maand.

Die lek-aanleg word van die belangrikste produksiegebied geskei, tesame met ander verbeterings teen 'n onkoste van R300 000.

Die Bonsmara-stoetery bereik 'n hoogtepunt van 600 teel-koeie.

2000


Country Cuts toon 'n verlies en word in Mei gesluit. Die abattoir word heropen vir groothandel- en kontrakslagting; 45% van die aandele word verkoop, finansiering van R7,5-miljoen word van die IDC verkry, en 'n voerkraal van 4000 beeste word naby Kroonstad gehuur om die abattoir te ondersteun.

2001


Die helfte van die Bonsmara-stoet word verkoop om die voerfabriek te finansier.

As gevolg van swak bestuur lei die voerkraal in Kroonstad groot verliese en word dit gesluit.

2001-2002


Verdere verbeterings word aan die voerfabriek aangebring om die produksie tot 4000 ton per maand te verhoog. 'n Maksimum van slegs 2200 ton word egter behaal en 'n addisionele bemarker word aangestel om verkope te verhoog, terwyl 'n toegewyde aksieprogram ontwikkel word om die bedryfskoste te verlaag.

Die gebeure op 11 September 2001 lei tot 'n dramatiese toename in die koste van grondstowwe en plaas kontantvloei onder druk. Die produksie word afgeskaal tot 1200 ton per maand met gepaardgaande afleggings om verliese te beperk.

2002-2003


Produksie en verkope neem geleidelik toe tot 'n hoogtepunt van 3660 ton in Augustus 2003 met gunstige finansiële resultate. Die abattoir toon steeds verliese.

2003


Sernick neem die bestuur van die abattoir oor en toon 'n wins van R800 000 aan die einde van die boekjaar 2003/4.

2004


Nick tree uit by die Bigen Africa Group en Carel, Nick se seun, sluit aan by die Sernick Groep.

2004-2005


Die prestasie van beide die voerfabriek en abattoir verbeter van die vorige jaar. 

2005


Nick plaas meer fokus op die groep se ondernemings. Die Bonsmara-stoetery word uitgebrei tot 700 teel-koeie. Nick koop aandele en belê in Blitz Printers in Tzaneen wat aan sy vrou Vida behoort om die besigheid te 'red'. Blitz Printers ondergaan 'n totale herstrukturering ná verliese in twee agtereenvolgende jare en Nick bestuur die onderneming uit Pretoria.

2006


Blitz Printers bereik in Maart 'n keerpunt. Beide die voerfabriek en abattoir gaan voort op 'n opwaartse kurwe.

'n Sakeplan word in Mei aan Standard Bank voorgelê om die finansiering van die groep te verhoog om sodoende groei te stimuleer.

'n Werkwinkel vir strategiese beplanning word in September gehou vir alle ondernemings.

2007


Sernick Veevoere (Pty Ltd.) eindig die finansiële jaar 2006/7 op 'n wins (voor rente en afsetting) van R9.5-miljoen. Die toename in produksie en die hoër verkoop-pryse verhoog die debiteure tot R18-miljoen en plaas groot druk op kontantvloei.

Die dramatiese toename in die prys van grondstowwe verhoog die verkoop-prys van R1400/ton tot R2050/ton teen die einde van 2007. Die gevolg is dat die debiteure toeneem met +/- R7-miljoen. Die fasiliteit by Standard Bank word vergroot om die debiteure te finansier. Tussen September en November word die produksie verminder tot 5000 ton per maand om die kontantvloei te bestuur.

Die ergste droogte in menseheugenis verhoog die druk op beide natuurlike en finansiële hulpbronne. Vroeë reën teen die einde van September 2007 bring welkome verligting en die weidingstoestande verbeter dramaties. Die plase Dagbreek en Cyfergat (574ha) word aangekoop en 250 ha Smutsvinger-weiding word gevestig.

Country Meat toon ondanks moeilike toestande steeds 'n opwaartse kurwe. Sernick Veevoere herstel goed teen die einde van die jaar, na 'n mate van swak prestasie in September en Oktober.

'n Sakeplan word afgesluit, en 'n voorstel word aan Zeder Private Equity voorgelê om aandele in Sernick Veevoere en Country Meat te koop. Terselfdertyd word 'n voorstel by die Nasionale Bemagtigingsfonds ingedien om die verkoop van aandele aan 'n personeelaandeletrust vir beide entiteite te befonds. Sernick Veevoere en Country Meat spreek die kwessie van swart bemagtiging aan.

2008


Die onderhandelinge met Zeder/Thembeka word in so 'n mate voortgesit dat Zeder aandui dat hulle aandele in Sernick Veevoere en Country Meat sal koop, maar die ooreenkoms word op die ys gesit.

Sernick Veevoere bereik nuwe hoogtes in April en Mei met 'n puik prestasie teen 'n relatiewe lae produksie van 6000 ton.

70% van die stoet word op 28 Mei verkoop teen 'n omset van R6,7-miljoen om ruimte te maak vir die afronding van speenkalwers vir die voerkraal. 'n Sakeplan word op 12 Junie aan AFGRI voorgelê om die verdere uitbreidings van die groep te befonds.

2009


Alle ondernemings verbeter op die vorige jare se prestasies. Die abattoir word opgradeer teen 'n koste van R3,5-miljoen, insluitend nuwe koelkamers, nuwe vrieskaste, 'n ontbening-area, nuwe veekrale, ʼn eetsaal en kantore. Sernick Veevoere word opgegradeer teen 'n onkoste van R4-miljoen met nuwe korreltoerusting, addisionele grootmaatopslag, en die produksievermoë word sodoende verhoog tot 20 ton per uur.

2010


Dit is in die algemeen 'n goeie jaar vir al die ondernemings, wat wins maak ten spyte van relatief lae volumes wat gelewer word deur Veevoere. By die voerfabriek gaan kapitaalverbeterings voort met die toevoeging van 470 m2 vloeroppervlakte vir grondstowwe.

Die voerkraal infrastruktuur word uitgebrei om 5000 diere te akkommodeer en die meng-aanleg word opgegradeer.

Die buite-laai-area van die abattoir word verbeter, en nog 'n verkoeler word bygevoeg. Die groep se jaarlikse omset beloop R400 miljoen.

2011


Omset beloop R550 miljoen. Alle ondernemings behalwe die boerdery verdien 'n wins, hoewel die wins van R14 miljoen minder is as die vorige jaar.

Die voerkraal se kapasiteit word verhoog tot 8000 beeste, 'n nuwe mengaanleg word opgerig, sowel as verwerkingsfasiliteite vir die voerkraal.

'n Bonsmara-bul word teen 'n rekordprys van R775 000 verkoop.

2012


Omset beloop R700-miljoen. Country Meat vaar goed. Veevoere sukkel en die wins daal met 50% in vergelyking met die vorige jaar.

Die wins van 2011 is met R1-miljoen tot R15-miljoen verbeter. Twee slagterye in Kroonstad word aangeskaf en verloor die eerste jaar R1,6-miljoen.

Speenkalwers word teen baie hoë pryse aangekoop.

2013


Omset beloop R830-miljoen. Die voerkraal toon gedurende die eerste 7 maande 'n verlies van R7-miljoen as gevolg van die hoë prys wat vir speenkalwers betaal is, voerpryse wat dramaties gestyg het en vleisprys wat gedaal het.

Country Meat vaar goed, en Veevoere verbeter met R4-miljoen. 'n Nuwe slaghuis word in Fourways, Johannesburg, geopen.

'n Groot dam met 'n kapasiteit van 1,5 m3 word in Desember teen 'n onkoste van R3-miljoen voltooi.

SPARTA voer 5000 beeste op doelontwerpte wyse by Sernick.

2014


Die verwagting is dat omset R970 miljoen sal beloop. Kapitaalverbeteringe sluit 15000 ton mieliebunkers, 'n lusernstoor, 'n mielie-aflaaifasiliteit en 'n nuwe voorafbereide-suiwel-fabriek in.

Veevoere toon gedurende April en Mei 'n verlies as gevolg van die rekord-hoë mieliepryse, maar herstel toe die mielieprys daal.

By Country Meat word die kantore uitgebrei om die finansiële bestuur te sentraliseer. Die prestasie van die slaghuise verbeter tot 'n winssituasie.

Die Mispah Bonsmara-stoetery word aangeskaf, en die getal teel-koeie bereik altesaam 500. As gevolg van laer reënval is die nuwe opgaardam slegs 10% vol, en die voerkraal se afhanklikheid van boorgate raak kommerwekkend.

Patrick Sekwatlakwatla sluit aan by die groep om ons korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram te bestuur.

2015


Veevoere begin stadig, maar tel momentum op teen die tweede deel van die jaar. Die verwoestende droogte gedurende die somer van 2015 het tot gevolg dat rekordverkope van lekke en droogtehulpkorrels voortduur tot minstens April 2016. Dit, tesame met die strategiese aankoop van geelmielies, het goeie marges tot gevolg.

Die mielieprys styg tot meer as R3000 per ton in Desember 2015, maar Veevoere se bestaande voorraad kan die onderneming deursien tot minstens April 2016.

SPARTA koop die Taaiboschbult-voerkraal vanwaar Country Meat tot op hede ses vragte A-graad voer per week gekry het en sit hul eie doelontwerpte voer by die Sernick-voerkraal stop.

'n Nuwe winkelsentrum word in Bryanston, Johannesburg, geopen en toon goeie potensiaal.

Die verwoestende droogte sleep voort, maar dit skep ook geleenthede ten opsigte van voer en vleis. Die opgaardam bly onder 10% kapasiteit en die natuurlike weiding verkeer onder geweldig baie druk.

Die Bonsmara-stoetery het in Mei 'n baie goeie veiling met die gemiddelde prys van bulle wat meer as R48 000 beloop. Ons korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram, veral die werk wat Patrick onder opkomende boere doen, skep groot opwinding.

Die groep se jaarlikse omset bereik die R1-miljard merk.

2016


Die hele groep sukkel om uit die blokke te kom, maar die prestasie verbeter teen die einde van die jaar.

Die droogte duur voort en die abattoir trek voordeel uit die lae pryse. Die Bonsmara-stoetery het in Mei 'n baie goeie veiling met die gemiddelde prys van bulle wat R67 000 beloop.

Nick word verkies as Vrystaatse Boer van die Jaar en die Bonsmara-stoetery ontvang die LNR-toekenning van Kudde van die Jaar.

Die groep se maatskaplike beleggingsprogram kry werklike momentum met die opening van 'n opleidingsentrum op die plaas. Die plaas Erfdeel (xx ha) word gekoop van die Pretorius-familie.

2017


Die plaas presteer goed, en die jaarlikse verkope bereik nuwe hoogtes met bulle teen gemiddeld R93 000 – die hoogste in SA vir Bonsmara.

Die voerfabriek presteer buitengewoon goed terwyl die voerkraal sukkel om sy voete te vind. As gevolg van 'n sukkelende ekonomie daal die vraag na beesvleis en so ook die prestasies van die abattoir.

Nick verskyn op kykNET se MegaBoere-program en die groep se blootstelling skiet die hoogtes in. Die groep slaag met 'n aansoek by die Jobs Fund om sy ondersteuningsprogram vir opkomende boere te verhoog.

2018


Afgesien van die Gautengse kleinhandel vaar al die ondernemings beter, en Veevoere is by uitstek die uitskieter van die groep, met uitstekende resultate. Die boerdery is net met 'n kort koppie agter, met bulle wat gemiddeld teen R101 000 verkoop in Junie. Die Country Meat-slagtery in Kroonstad word oorgedoen en die winkel in Bryanston word gesluit as gevolg van swak prestasie. Meat More word omskep in 'n Roots-franchise.

Nick skryf die nou-alombekende brief aan die president oor die lot van opkomende boere in SA en hy word versoek om op die adviespaneel vir grondhervorming te dien.

Die aangrensende plase Smaldeel et al. (ongeveer 400ha) word gekoop van die Bruwer broer en susters.

Kobus Theart

Kobus Theart

Kobus Theart

Kriek van Niekerk

Wiegard Brummer

Stoffel Gouws

CM Kotze

CM Kotze

Wiegard Brummer

Danie Fourie

Mienke Van Rensburg

Mienke Van Rensburg

Bethal Depot

Alijay van der Merwe

TEGNIESE ADVISEURS
KontakpersoonKontak Telefoon NommerE-posadresArea / Posbeskrywing
Kobus Theart078 505 5363kobust@sernick.co.zaNoordwes, Gauteng & Mpumalanga
Kriek van Niekerk076 757 6771kriek@sernick.co.zaNoord- & Wes-Vrystaat
Wiegard Brummer082 804 3462wiegard@sernick.co.zaCentral & Southern Free State & Eastern Cape
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaKZN
CM Kotze082 553 7189cm.kotze@sernick.co.zaEastern Free State & KZN
Mienke Van Rensburg084 426 1276mienke@sernick.co.zaNorth West and Northern Cape
Danie Fourie071 083 5601daniefourie@sernick.co.zaOos- & Noordoos-Vrystaat
BESTELLINGS
Bestellingsklerk066 426 7771orders@sernick.co.za-
FABRIEK
KontakpersoonKontak Telefoon NommerE-posadresPosbeskrywing
Alwyn Laas082 056 8065alwyn@sernick.co.zaBedryfsbestuurder
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaBesturende Direkteur: Sernick Veevoere
DEBITEURE
Ann Dalton082 620 4045debtors@sernick.co.za-
DEPOTS
Aljay van der Merwe072 241 2032bekkermeule@gmail.comBethal
VOEDINGSKONSULTANTE
KonsultantKontak Telefoon NommerTipe voeding
Dr. Piet Swiegers082 579 4290Herkouervoeding
Jannie Maritz082 417 8196Monogastriese voeding

UREUMVERGIFTIGINGSGIDS

WAARSKUWING

  • Hierdie veevoer bevat ureum en ander NPN-bronne en moet streng volgens die aanbevelings gevoer word.

  • Diere wat nie op ureumrantsoene aangepas is nie, moet eers 7 dae ’n sout/fosfaatlek gevoer word. Asyn is ’n doeltreffende middel teen NPN-vergiftiging. Meng met gelyke hoeveelheid water en doseer ’n halwe bottel per kalf of groot skaap en 2 - 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml).

  • Beskerm hierdie voedsel teen reën. NPN is oplosbaar en diere wat so ’n oplossing drink, kan vergiftig word.

  • Moenie hierdie veevoedsel onoordeelkundig saam met ander NPN-bevattende veevoedsel voer nie.

Raadpleeg Sernick se tegniese personeel vir meer inligting of navrae.