SERNICK SUMMER LICK 12 + P / SERNICK SOMERLEK 12 + P
Diere wat in produksie is, soos koeie met kalwers en groeiende verse, benodig baie maal in die somermaande meer as net 'n fosfaat-lek. Sernick Somerlek 12 + P is basies 'n fosfaat-lek met proteïen en energie bygevoeg om in bykomende behoeftes soos melk en groei te voorsien. Dit is ook ideaal om te gebruik as die veld in die laat somer ryp word en die voedingswaarde van die weiding afneem. Sernick Somerlek 12 + P is 'n smaaklike mengsel met proteïne en fosfaat van hoë gehalte en is veilig om te gebruik.
Registrasie Wet 36/1947 | V26106 | |
Nutriënt | Sernick Somerlek 12 + P | Eenheid |
Proteïen (min) | 120 | g/kg |
Afkomstig vanaf Ureum | 23.92 | % |
Kalsium (maks) | 80 | g/kg |
Fosfor (min) | 50 | g/kg |
Vog (maks) | 120 | g/kg |
Swael (min) | 10 | g/kg |
Magnesium (min) | 6.75 | g/kg |
kalium (max) | 37.8 | g/kg |
Mangaan (min) | 300 | mg/kg |
Koper (min) | 299.55 | mg/kg |
Kobalt (min) | 4.5 | mg/kg |
Yster (min) | 1 045 | mg/kg |
Jodium (min) | 12 | mg/kg |
Sink (min) | 540 | mg/kg |
Selenium (min) | 2.4 | mg/kg |
VOEDING AANBEVELING:
Sernick Somerlek 12 + P is 'n minerale aanvulling en nie 'n voer nie. Daar moet ten alle tye voldoende weiding beskikbaar wees wanneer die lek aangebied word. Hou lekbakke gevul om te voorkom dat gierige diere oormatig vreet. Oormatige inname kan vergiftiging veroorsaak.
Raadpleeg die tegniese personeel van Sernick vir inligting en advies.
VORM EN VERPAKKING:
Lek is beskikbaar in sakke van 50kg.
WAARSKUWING:
Hierdie veevoer bevat geregistreerde medisyne. Voeding moet streng volgens die gebruiksaanwysings gedoen word.
AANBEVOLE DAAGLIKSE INNEMING | |
GRAM / DIER / DAG | |
Skape | 70 |
Beeste | 370 |
