SERNICK SUMMER LICK 10% / SERNICK SOMERLEK 10%
Diere wat in produksie is, soos koeie met kalwers en verse wat groei, het in die somermaande meer as net 'n fosfaat-lek nodig. Somerlek 10% is basies 'n fosfaat-lek met 'n bietjie proteïen en energie bygevoeg vir die bykomende behoeftes soos melkproduksie of groei. Dit is ook ideaal as die veld in die laat somer ryp word en die voedingswaarde van die weiding laer word. Somerlek 10% is 'n klaar-gemengde lek wat proteïne en fosfaat van hoë gehalte bevat en gereed is om te gebruik.
Registrtion Act 36/1947 | V15904 | |
Nutriënt | SERNICK SOMERLEK 10% | Eenheid |
Proteïen (min) | 120 | g/kg |
Proteïen ex NPN (maks) | 47.8 | % |
Ureum (maks) | 20 | g/kg |
Vesel (maks) | 50 | g/kg |
Kalsium (maks) | 45 | g/kg |
Fosfor (min) | 15 | g/kg |
Vog (maks) | 120 | g/kg |
Swael (min) | 6.5 | g/kg |
Magnesium (min) | 12 | mg/kg |
Mangaan (min) | 300 | mg/kg |
Koper (min) | 70 | mg/kg |
Kobalt (min) | 0.75 | mg/kg |
Yster (min) | 350 | mg/kg |
Jodium (min) | 3 | mg/kg |
Sink (min) | 300 | mg/kg |
Selenium (min) | 0.5 | mg/kg |
VOEDING AANBEVELING:
Somerlek 10% is 'n minerale aanvulling en nie 'n voer nie. Daar moet ten alle tye voldoende weiding beskikbaar wees wanneer die lek aangebied word. Hou lekbakke gevul om te voorkom dat gierige diere oormatig vreet. Oormatige inname kan vergiftiging veroorsaak.
Raadpleeg die tegniese personeel van Sernick vir inligting en advies.
VORM EN VERPAKKING:
Lek is beskikbaar in sakke van 50kg.
WAARSKUWING:
Hierdie veevoer bevat geregistreerde medisyne. Voeding moet streng volgens die gebruiksaanwysings gedoen word.
AANBEVOLE DAAGLIKSE INNEMING | |
GRAM / DIER / DAG | |
Skape | 50 – 80 |
Beeste | 200 – 450 |
