SERNICK DAIRY 17, 20, 22 / SERNICK SUIWEL 17, 20, 22
Hierdie reeks suiwelvoer is ontwikkel om saam met goeie weiding, hoë kwaliteit ruvoer en/of kuilvoer gebruik te word. Hierdie voere het gemiddelde energievlakke, bevat geen dierlike proteïene nie en sal goed presteer met gemiddelde melkproduserende diere.
Registrasie Wet 36/1947 | V13240 | V13242 | V15189 | |
Nutriënt | Suiwel 17 | Suiwel 20 | Suiwel 22 | Eenheid |
Proteïen (min) | 170 | 200 | 220 | g/kg |
Proteïen ex NPN (maks) | 20.25 | 17.93 | 15.63 | g/kg |
Vesel (maks) | 90 | 90 | 90 | g/kg |
Vet (min) | 25 | 25 | 25 | g/kg |
Kalsium (maks) | 12 | 12 | 12 | g/kg |
Fosfor (min) | 5 | 5 | 5 | g/kg |
Vog (maks) | 120 | 120 | 120 | g/kg |
VOEDING AANBEVELINGS:
Die hoeveelheid wat gevoer word gebaseer op:
- A) Die kwaliteit en hoeveelheid van die weiding, ruvoer of kuilvoer.
- B) Die laktasie-fase
- C) Die produksie van melk of vaste stowwe
- D) Die toestand van die koeie
- E) Die ras, liggaamsmassa ens.
Aangesien kragvoerkoste die grootste uitgawe is, is dit noodsaaklik dat die inname daagliks gemonitor en bestuur moet word. Groot produsente moet verkieslik drie tot vier keer per dag gevoer word om rumenversteurings te voorkom en om optimale vertering en produksie te bewerkstellig.
Raadpleeg die tegniese personeel van Sernick vir inligting en advies.
VORM EN VERPAKKING:
Meel is beskikbaar in sakke van 50kg en ook in grootmaat. Korrels is beskikbaar in sakke van 50kg en ook in grootmaat.
WAARSKUWING:
Hierdie veevoer bevat 'n NPN-bron en/of geregistreerde medisyne. Voeding moet streng volgens die gebruiksaanwysings gedoen word.
