Sernick

KLEINHANDEL

Sernick het in 2011 met die droom om rooivleis van hoë gehalte en 'n aangename inkopie-ervaring te bied, twee bestaande slaghuise in Kroonstad aangeskaf en opgegradeer. Gebaseer op die behoeftes van die verbruikers bied hierdie slaghuise kwaliteit snitte vir verskillende inkomstegroepe. 'n Bykomende afsetpunt is in Johannesburg geopen, sodat stadsbewoners ook voordeel kon trek uit die plaas-tot-vurk-konsep. Country Meat en Roots is die slotsom van die Sernick-waardeketting. Dit is waar ons arbeid uiteindelik ons hande verlaat en u borde bereik! Ons het groot planne vir Country Meat en Roots en ons is opgewonde om Bethlehem en Potchefstroom binnekort aan ons slaghuise bekend te stel.