Presisie Skaap Reeks
Inleiding
Die Sernick Presisie Skaapreeks is ontwikkel om in die behoeftes van ooie vir alle fisiologiese stadia in beide ekstensiewe en intensiewe stelsels te kan voorsien. Alle produkte is wetenskaplik geformuleer en onder praktiese boerdery toestande geëvalueer ten einde maksimale doeltreffendheid vir die progressiewe skaapboer te verseker.
Produkte is geformuleer met die oog op maksimale mikrobe proteïen sintese en rumen gesondheid en is dus veilig om te gebruik indien dit volgens voorskrif gevoer word.
Hoewel algemene riglyne vir die aanwending van produkte voorsien kan word, is dit belangrik om daarop te let dat die daaglikse voedingsbehoefte van die ooi binne ʼn fisiologiese stadium deur ʼn verskeidenheid faktore beïnvloed word, waarvan die volgende die belangrikste is:
- Ooi kondisie en massa
- Meerlingstatus
- Wolproduksie
- Ras en genetiese groeipotensiaal
- Ruvoer en weidingskwaliteit
- Kampgrootte en aktiwiteit
Aangesien al hierdie faktore in ag geneem is by die ontwikkeling van die produkte is dit derhalwe belangrik dat ʼn Sernick tegniese adviseur betrek moet word om finale aanbevelings ten opsigte van die keuse en daaglikse innames per ooi per dag te maak. Dit sal verseker dat die produsent maksimale waarde uit die produkte verkry.