PRECISION LACTATING EWE PELLETS / PRESISIE LAKTERENDE OOIKORRELS
Voorspeense groei van die lam word hoofsaaklik deur melkproduksie van die ooi bepaal. Laasgenoemde word direk bepaal deur voeding van die ooi ná lam. Ooilammers se ovulasietempo word ook deur voeding van die ooi gedurende laktasie beïnvloed. Sernick Presisie Lakterende Ooikorrels is geformuleer vir maksimale melkproduksie veral voor piek wanneer die lam nog nie voldoende hoeveelhede kruipvoer inneem nie.
- Lamhokkies
Sernick Presisie Lakterende Ooikorrels is geformuleer om as volledige voer sonder ruvoer in lamhokkies gevoer te word. Hoewel die produk voldoende energie vir hoë melkproduksie bevat, is dit rumen vriendelik en kan dus ad lib sonder enige ruvoer voorsien word mits ooie voor lam korrek met Presisie Dragtige ooikorrels aangepas is.
- Res van laktasie
Vir die res van laktasie word Presisie Lakterende ooikorrels as beperkte aanvulling tot ruvoer voorsien. Hoeveelheid korrels per ooi per dag sal weereens afhang van die faktore wat in die inleiding genoem is, maar in die intensiewe stelsel waar slegs beperkte of geen kondisieverlies van toepassing kan die volgende as riglyn dien:
| Enkelingooie | Tweeling ooie | |||
| Eerste 4 weke | Tweede 4 weke | Eerste 4 weke | Tweede 4 weke | |
| Lakterende ooikorrels | 1.5 | 0.5 | 2.0 | 1.0 |
| Medium kwaliteit hooi | Ad lib | Ad lib | Ad lib | Ad lib |
In ekstensiewe stelsels waar een keer per jaar gelam word kan Sernick Lakterende Ooikorrels teen laer vlakke voorsien word aangesien daar baie meer tyd is om verlore kondisie te herwin.
| Nutriënt | PRESISIE LAKTERENDE OOIKORRELS (Registration Nr: V31524) | Eenheid |
| Vog (maks) | 120 | g/kg |
| Crude protein (min) | 150 | g/kg |
| Ureum (maks) | 5 | g/kg |
| Proteïen ex NPN (maks) | 9.57 | % |
| Ru Vesel (maks) | 120 | g/kg |
| Vet (min/maks) | 25/70 | g/kg |
| As (maks) | 80 | g/kg |
| Kalsium (min/maks) | 15/10 | g/kg |
| Fosfor (min) | 5 | g/kg |
| ME (Herkouers) (min) | – | MJ/kg |
