PRECISION EWE LICK / PRESISIE OOILEK
Hierdie lek is geformuleer as aanvulling vir ʼn verskeidenheid veldtoestande vir veral die volgende fisiologiese stadia:
- Prikkelvoeding
Vir die beste besettingsyfer moet ooie met ʼn LKP (Liggaam kondisie punt) van tussen 2.5 en 3.5 in ʼn stygende energiebalans vir 17 tot 28 dae voor dekking wees. Die doelwit is om ʼn LKP van 3.5 met dekking te bereik.
Om hierdie teiken te bereik kan 400 tot 500 gram Presisie ooilek per dag voorsien word.
- Vroeg dragtigheid (Eerste 30 dae)
Dit is belangrik om dieselfde vlak van lekaanvulling as gedurende die prikkelfase te handhaaf aangesien enige voedingsverandering gedurende hierdie fase ʼn nadelinge effek op die inplanting van die embrio kan hê.
- Mid dragtigheid
Gedurende hierdie fase word slegs in die onderhoudbehoefte van die ooi voorsien en moet Presiese ooilek inname van 200 tot 300 gram per ooi per dag beperk word afhangend van die faktore wat in die inleiding genoem is. Hoewel die voedingsbehoefte van die ooi gedurende hierdie periode relatief laag is, kan ondervoeding gedurende hierdie periode die ontwikkeling van die plasenta benadeel en gevolglik lei tot klein onderontwikkelde lammers by geboorte.
| Nutriënt | Presisie ooilek (Registration Nr: V31527) | Eenheid |
| Vog (maks) | 120 | g/kg |
| Crude protein (min) | 250 | g/kg |
| Ureum (maks) | 40 | g/kg |
| Proteïen ex NPN (maks) | 61.88 | % |
| Ru Vesel (maks) | 50 | g/kg |
| Vet (min/maks) | 25/40 | g/kg |
| As (maks) | 275 | g/kg |
| Kalsium (min/maks) | 35/40 | g/kg |
| Fosfor (min) | 15 | g/kg |
| ME (Herkouers) (min) | 8.5 | MJ/kg |
