LEES VEEPLAAS IN JUNIE

Landbou is en bly ’n goeie beleggingsgeleentheid, die droogte en ekonomiese terugslae ten spyt. Ons gesels met kundiges oor die landboubeleggingslandskap en vind uit waarom hierdie sektor, ten spyte van sy uitdagings, so ’n goeie opsie aan beleggers bied. Ons kyk ook na Afrika as ’n geleentheid om jou landbou-onderneming uit te brei.

Kuier saam by die Harmse-gesin van die RCH Ile de France-stoet, Limpopo Melkery en Dries Visser senior en junior. Ons gesels ook met Guillau du Toit van Fraserburg oor ‘n hamelkomponent in jou boerdery.

Die droogte het kuddevermindering in groot dele van die land ‘n noodsaaklikheid gemaak. Ons gesels met kundiges oor hoe dit op die regte manier gedoen kan word. Die Junie-uitgawe bevat ook die volgende in ‘n reeks artikels oor die uitslae van die Sernick Presisie-afrondingsprojek. Sien in die uitgawe die resultate behaal deur Bonsmara-diere in die eksperiment.

In die dieregesondheidsafdeling kan jy lees oor longontsteking, beesvirusdiaree en meer. In die Voer en Weidingsafdeling kan jy lees oor die saamstel van rantsoene, winterweidings vir beter voervloei en die gebruik van lekblokke vir speenlammers.

Die Junie-uitgawe van Veeplaas bevat terugvoer oor verskeie onlangse geleenthede in die veebedryf. Sien meer oor die Veeplaas Intensiewe Skaapproduksieskool, SA Wolweek en meer.

Source: http://agriorbit.com/lees-veeplaas-junie/

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

For security, use of Google's reCAPTCHA service is required which is subject to the Google Privacy Policy and Terms of Use.

Subscribe to our Newsletter

Subscribe to Sernick for our latest news, articles and promotions 

Kobus Theart

Kobus Theart

Kobus Theart

Kriek van Niekerk

Wiegard Brummer

Stoffel Gouws

CM Kotze

CM Kotze

Wiegard Brummer

Danie Fourie

Mienke Van Rensburg

Mienke Van Rensburg

Bethal Depot

Alijay van der Merwe

TEGNIESE ADVISEURS
KontakpersoonKontak Telefoon NommerE-posadresArea / Posbeskrywing
Kobus Theart078 505 5363kobust@sernick.co.zaNoordwes, Gauteng & Mpumalanga
Kriek van Niekerk076 757 6771kriek@sernick.co.zaNoord- & Wes-Vrystaat
Wiegard Brummer082 804 3462wiegard@sernick.co.zaCentral & Southern Free State & Eastern Cape
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaKZN
CM Kotze082 553 7189cm.kotze@sernick.co.zaEastern Free State & KZN
Mienke Van Rensburg084 426 1276mienke@sernick.co.zaNorth West and Northern Cape
Danie Fourie071 083 5601daniefourie@sernick.co.zaOos- & Noordoos-Vrystaat
BESTELLINGS
Bestellingsklerk066 426 7771orders@sernick.co.za-
FABRIEK
KontakpersoonKontak Telefoon NommerE-posadresPosbeskrywing
Alwyn Laas082 056 8065alwyn@sernick.co.zaBedryfsbestuurder
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaBesturende Direkteur: Sernick Veevoere
DEBITEURE
Ann Dalton082 620 4045debtors@sernick.co.za-
DEPOTS
Aljay van der Merwe072 241 2032bekkermeule@gmail.comBethal
VOEDINGSKONSULTANTE
KonsultantKontak Telefoon NommerTipe voeding
Dr. Piet Swiegers082 579 4290Herkouervoeding
Jannie Maritz082 417 8196Monogastriese voeding

UREUMVERGIFTIGINGSGIDS

WAARSKUWING

  • Hierdie veevoer bevat ureum en ander NPN-bronne en moet streng volgens die aanbevelings gevoer word.

  • Diere wat nie op ureumrantsoene aangepas is nie, moet eers 7 dae ’n sout/fosfaatlek gevoer word. Asyn is ’n doeltreffende middel teen NPN-vergiftiging. Meng met gelyke hoeveelheid water en doseer ’n halwe bottel per kalf of groot skaap en 2 - 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml).

  • Beskerm hierdie voedsel teen reën. NPN is oplosbaar en diere wat so ’n oplossing drink, kan vergiftig word.

  • Moenie hierdie veevoedsel onoordeelkundig saam met ander NPN-bevattende veevoedsel voer nie.

Raadpleeg Sernick se tegniese personeel vir meer inligting of navrae.