FULL DAIRY 16 / VOLSUIWEL 16
Volsuiwel 16 is 'n volledige, gemengde voer wat ongeveer 40% ruvoer bevat (hoofsaaklik lusern). Die produk word saamgestel met groot hoeveelhede vaste stowwe vir hoogproduserende diere. Volsuiwel 16 is hoog in energie, is maklik verteerbaar, het 'n uitstekende proteïen- en aminosuurverhouding en bevat bymiddele wat gesondheid en vrugbaarheid bevorder.
Registrasie Wet 36/1947 | V15191 | |
Nutriënt | Volsuiwel 16 | Eenheid |
Proteïen (min) | 160 | g/kg |
Proteïen ex NPN (min) | 17.94 | g/kg |
Ureum (maks) | 10 | g/kg |
Vesel (maks) | 280 | g/kg |
Vet (maks) | 70 | g/kg |
Kalsium (maks) | 12 | g/kg |
Fosfor (min) | 4 | g/kg |
Vog (maks) | 120 | g/kg |
VOEDING AANBEVELINGS:
Hierdie rantsoen is geformuleer om ad lib aan hoogproduserende diere voorsien te word om maksimale hoeveelhede melk en vaste stowwe te produseer. As dit aan laer produserende groepe gevoer word, moet dit beperk word tot 800 gram per liter melk en moet dit gekombineer word met ruvoer wat ad lib aangebied word. Hierdie voer opsie is 'n duur metode as dit aan lae produsente gevoer word, en dit is raadsaam om 'n kundige te raadpleeg om te verseker dat optimale wins gemaak word.
Raadpleeg die tegniese personeel van Sernick vir inligting en advies.
VORM EN VERPAKKING:
Beskikbaar as 'n meel in 40kg sakke.
WAARSKUWING:
Hierdie veevoer bevat 'n NPN-bron en/of geregistreerde medisyne. Voeding moet streng volgens die gebruiksaanwysings gedoen word.
