43ste Produksie Veiling

55 Stoetbulle Fase C getoets, waaronder 5 kuddevaars en 870 vroulike diere

Vrydag 4 Junie 2021 @ 11vm Liebenbergstroom, Edenville

OPKOMENDE BOERE PROJEK

Inligting

Nick Serfontein verstaan die belang daarvan om terug te gee aan die gemeenskap, maar as 'n Suid-Afrikaanse burger weet hy dat daar 'n baie groter prentjie is wanneer dit kom by die bou van 'n beter toekoms vir almal. Dus het hy, sonder 'n aanvanklike uitgewerkte plan, aangevuur deur die oortuiging dat hy êrens moes begin, in 2015 begin om opkomende boere te help nadat hy oorval is met versoeke om hulp. Hy begin toe boeredae, oefendae, werkwinkels en karkaskompetisies van stapel stuur en word elke keer oorweldig deur die deelnemers se dankbaarheid, gretigheid om te leer en honger na kennis in 'n spasie waarbinne hulle waarlik tuis voel.

Met elke jaar het die volgende stappe duideliker en duideliker geword, en in 2018 het Sernick amptelik met die Jobs Fund saamgespan om die Sernick Opkomende Boere-program te stig. Sedert die inwerkingtreding daarvan kon Sernick in vennootskap met die Jobs Fund opkomende boere in verskillende aspekte van vee-teel oplei, 'n suksesvolle koöperasie in samewerking met opkomende boere bewerkstellig, en diegene met 'n honger na kennis en bereidwilligheid om te werk die geleentheid bied om winsgewende kommersiële boere te word wat in staat is om na hul gesinne om te sien en ander in hul gemeenskap in diens te neem.

Seshonderd-en-sestig boere is gewerf, SETA-geakkrediteerde opleiding gegee en die geleentheid gegun om hul ou voorraad te ruil vir beeste van goeie gehalte wat hoër pryse op die mark sal haal. Driehonderd boere, gekies vanuit die 660, is met tegniese vaardighede toegerus om hulle in staat te stel om hul eie kuddes te ontwikkel terwyl hulle gesonde kontantvloei handhaaf om aan hul bedryfskapitaalbehoeftes te voldoen. Hulle word ook ondersteun om uiteindelik hul voerkrale te besit en te bestuur. Uiteindelik sal vyftig boere ontwikkel word tot lewensvatbare kommersiële ondernemings met hul eie reproduksievermoë, waarvan 22 reeds geïdentifiseer en gehelp is. Hierdie boere kry ook die geleentheid om aandele te bekom in Sernick Wholesale, 'n nuwe maatskappy wat gestig is om die groothandelsbedrywighede van die groep te konsolideer.

Die program is oop vir swart opkomende veeboere wat in die Vrystaat en naburige provinsies boer wat binne 150km vanaf Kroonstad gevestig is, soos die Kenneth Kaunda-distrik in Noordwes en die Sedibeng-distrik in Gauteng, wat reeds grond en beeste het en wat leef op die plaasgrond. Let daarop dat hierdie program nie grond of vee voorsien nie.

Die projek word gelei deur Petro Naudé as projekbestuurder en Patrick Sekwatlakwatla, Hoof van Transformasie.

0