COMPLETE CATTLE FINISHER / VOLLEDIGE BEESAFRONDING
Die afronding van speenkalwers deur kommersiële boere word daagliks meer gewild. Voor die aanvang van die voedingsproses moet die nodige voorsorg getref word ten opsigte van die voorkoming van besmetting deur inwendige en uitwendige parasiete, omdat slegs 'n gesonde dier sonder spanning goed kan groei. Sernick het 'n volledige beesafrondingsvoer sonder hooi geformuleer vir die kliënt wat sy/haar eie hooi beskikbaar het. Vanweë 'n goeie proteïen- en energieverhouding en die vereiste spoorelemente, vitamiene en groeiverhogers sal enige gesonde dier uitstekend presteer.
Registrasie Wet 36/1947 | V13246 | |
Nutriënt | Volledige Beesafrond meel | Eenheid |
Proteïen (min) | 120 | g/kg |
Proteïen ex NPN (maks) | 19.13 | % |
Ureum (maks) | 8 | g/kg |
Vesel (maks) | 110 | g/kg |
Vet (min) | 25 | g/kg |
Kalsium (maks) | 8 | g/kg |
Fosfor (min) | 4 | g/kg |
Vog (maks) | 120 | g/kg |
VOEDING AANBEVELING:
Pas die kalwers aan deur die eerste dag 2kg voer per dier aan te bied. Verhoog daarna die inname met 1kg/dier/dag totdat hulle die produk ad lib ontvang. Gedurende die aanpassingsperiode moet hooi of weiding ad lib beskikbaar wees. Sodra die diere ad lib voer en geen opgeblasenheid en asidose plaasgevind het nie, kan die hooi weggeneem word. Sorg dat daar ten alle tye genoeg skoon water beskikbaar is.
Raadpleeg die tegniese personeel van Sernick vir inligting en advies.
VORM EN VERPAKKING: Voer is slegs in sakke van 50kg beskikbaar.
WAARSKUWING: Hierdie veevoer bevat 'n NPN-bron en/of geregistreerde medisyne. Voeding moet streng volgens die aanwysings gedoen word.
