CATTLE FINISHING MEAL (WITHOUT HAY) / BEESAFROND MEEL (SONDER HOOI)
Die afronding van speenkalwers deur kommersiële beesboere word daagliks meer gewild. Voordat die dier suksesvol afgerond word, moet u sorg dat die behuisingsgeriewe die nodige voedingsruimte, leefruimte, watertoevoer en skadu het. Voor die aanvang van die voedingsproses moet die nodige voorsorg getref word ten opsigte van die voorkoming van besmetting deur inwendige en uitwendige parasiete, omdat slegs 'n gesonde dier sonder spanning goed kan groei. Sernick het Beesafrond Meel (Sonder Hooi) geformuleer vir die kliënt wat sy/haar eie hooi beskikbaar het. Vanweë 'n goeie proteïen- en energieverhouding en die vereiste spoorelemente, vitamiene en groeiverhogers sal enige gesonde dier uitstekend presteer.
Registrasie Wet 36/1947 | V20311 | |
Nutriënt | Beesafrond meel sonder hooi | Eenheid |
Proteïen (min) | 130 | g/kg |
Proteïen ex NPN (maks) | 26.49 | % |
Ureum (maks) | 12 | g/kg |
Vesel (min/maks) | 80/120 | g/kg |
Vet (min/maks) | 25/75 | g/kg |
Kalsium (min/maks) | 8/10 | g/kg |
Fosfor (maks) | 3 | g/kg |
Vog (maks) | 120 | g/kg |
VOEDING AANBEVELING:
Pas die kalwers aan deur die eerste dag 2kg voer per dier aan te bied. Verhoog daarna die inname met 0,5 kg/dier/dag totdat hulle die produk ad lib ontvang. Goeie smaaklike hooi moet ten alle tye beskikbaar wees. Sorg dat die diere genoeg hooi eet. As opgeblasenheid of asidose voorkom, moet Sernick se tegniese personeel onmiddellik geraadpleeg word en moet die produk onttrek word om hooi-inname te verseker. Sorg dat daar ten alle tye genoeg skoon water beskikbaar is.
Raadpleeg die tegniese personeel van Sernick vir inligting en advies.
VORM EN VERPAKKING: Voer is beskikbaar in 50kg sakke en ook in grootmaat.
WAARSKUWING: Hierdie veevoer bevat 'n NPN-bron en/of geregistreerde medisyne. Voeding moet streng volgens die aanwysings gedoen word.