CALF RATIONS / KALFRANTSOENE
Die grootmaak van vervangingsverse is een van die belangrikste aspekte van ʼn winsgewende suiwel-kudde. Gedurende hierdie fase ontwikkel die rumen van die dier vanaf 'n enkele maag tot 'n herkouerstelsel. Die doel gedurende hierdie fase is rumenontwikkeling en vinnige groei sonder vetneerlegging in die uierweefsel met behulp van die gebruik van proteïenrantsoene van hoë gehalte.
Deur Sernick se optimale kalfprogram te volg kan vervangingsverse hul volledige genetiese potensiaal ontwikkel.
Registrasie Wet 36/1947 | V13237 | V13238 | |
Nutriënt | Kalfaanvangs | Kalfgroei | Eenheid |
Proteïen (min) | 180 | 160 | g/kg |
Vesel (maks) | 70 | 75 | g/kg |
Vet (min) | 25 | 25 | g/kg |
Kalsium (maks) | 14 | 14 | g/kg |
Fosfor (min) | 6 | 6 | g/kg |
Vog (maks) | 120 | 120 | g/kg |
VOEDING AANBEVELINGS:
Voer Sernick se Kalfrantsoen meel ad lib van 3 dae oud tot ongeveer 10 weke oud, of tot die kalf ongeveer 700g inneem (vir klein-geraamde rasse) of 900g (vir groot-geraamde rasse). Na spening moet kalwers kalfgroeimeel of -korrels op ad lib wyse gevoer word tot ongeveer die ouderdom van 5 maande oud. Hierna moet die inname by die verse se groeikurwe aangepas word.
Raadpleeg die tegniese personeel van Sernick vir inligting en advies.
VORM EN VERPAKKING:
Meel is beskikbaar in 50kg sakke en in grootmaat. Korrels is beskikbaar in sakke van 50kg en ook in grootmaat.
WAARSKUWING:
Hierdie veevoer bevat geregistreerde medisyne. Voeding moet streng volgens die gebruiksaanwysings gedoen word.
