BROILERS / BRAAIKUIKENS
As gevolg van teelprogramme vir genetiese vordering om die produksie te verhoog is hoenders en henne meer geneig tot siektes. Dit dwing hoenderboere om baie meer aandag te gee aan faktore soos behuising, beligting, ventilasie, lug, lig, voedingsruimte, leefruimte, inenting, watervoorsiening en voedingsprogramme. Enige vorm van spanning verhoog die risiko van siektes en dit lei tot produksieverliese. Dit is raadsaam om tegniese adviseurs te raadpleeg voordat daar op enige soort boerdery gepoog word. Sernick het 'n reeks braaikuikenvoere wat volgens die nuutste tegnologiese ontwikkelinge geformuleer is om uitstekende produksie te verseker.
Registrasie Wet 36/1947 | V20310 | V20309 | V20307 | |
Nutriënt | Kuiken- aanvangs | Braaikuiken groeimeel | Braaikuiken afrondmeel | Eenheid |
Proteïen (min) | 200 | 180 | 160 | g/kg |
Lisien (min) | 12 | 10 | 9 | g/kg |
Methionine (min) | 5 | 4 | 3.4 | g/kg |
Vesel (maks) | 50 | 60 | 70 | g/kg |
Vet (min) | 25 | 25 | 25 | g/kg |
Kalsium (min) | 8 | 7 | 6 | g/kg |
Kalsium (maks) | 12 | 12 | 12 | g/kg |
Fosfor (min) | 6 | 5 | 6 | g/kg |
Vog (maks) | 120 | 120 | 120 | g/kg |
Sout (maks) | 6 | 6 | 6 | g/kg |
VOEDING AANBEVELING:
Alle rantsoene moet ad lib aan hoenders gevoer word vanaf dag 1. Voer braaikuiken-aanvangsvoeding van dag 1 tot dag 14. Skakel dan oor na braaikuiken-groeimeel tot dag 26 en slaan dan oor na braaikuiken-afrondingsvoer tot die dag van slagting. Raadpleeg die tegniese personeel van Sernick vir inligting en advies.
VORM EN VERPAKKING:
Hierdie meelprodukte is beskikbaar in sakke van 50kg sowel as grootmaat.
WAARSKUWING:
Hierdie veevoer bevat geregistreerde medisyne. Voeding moet streng volgens die gebruiksaanwysings gedoen word.