43ste Produksie Veiling

55 Stoetbulle Fase C getoets, waaronder 5 kuddevaars en 870 vroulike diere

Vrydag 4 Junie 2021 @ 11vm Liebenbergstroom, Edenville
phillip

Phillip Oosthuizen

Hoof van Navorsing en Ekonomie

Phillip Oosthuizen is in 1990 gebore en het op sy familieplaas tussen Bethlehem en Kestell in die Vrystaat groot geword. Hy het in 2009 aan Bethlehem Voortrekker Hoërskool gematrikuleer waarna hy weg is om aan die Universiteit van die Vrystaat op Bloemfontein te studeer. Al die tyd wat hy op sy familieplaas spandeer het, het ʼn passie vir landbou by Phillip opgewek en ʼn spesiale belangstelling in die wetenskap wat daarby betrokke is. Dit het hom eindelik aangespoor om vir ʼn B.Sc. in Landbou in te skryf met ʼn spesifieke fokus op Veekunde en Landbou-ekonomie.

Na die voltooiing van sy vier-jaar graad, het hy aansoek gedoen om sy Honneurs en daarna sy Meestersgraad in Landbou-ekonomie te doen. Phillip is tans geregistreer vir sy PhD in Landbou-ekonomie. Sy studies het hom die geleentheid gegee om dieper in die ekonomiese wetenskap van landbou te delf en hom met interessante sowel as innoverende navorsingsgeleenthede voorsien. Wat hom bo alles motiveer is die feit dat die navorsing en die werk wat hy doen streef na die versekering van ʼn volhoubare landbou omgewing en die versterking van voedselsekuriteit in Suid-Afrika.  

Phillip het aanvanklik tydens sy meestersgraad met die Sernick Groep in aanraking gekom. Nick Serfontein het die geleentheid gesien om die meganika in die voerkraal vanuit ʼn wetenskaplike oogpunt beter te verstaan en het vir Phillip en die Universiteit van die Vrystaat die kans gegee om die veekraal-eksperiment op Sernick se perseel te vestig. Oosthuizen se studie het gepoog om die wins periode te maksimeer vir verskillende vleisbeesrasse in die voerkraal. Die data wat verkry is, is ontleed en gebruik om presisieboerdery te verbeter en sodoende die winsgewendheid van die voerkraal te verbeter. Phillip is deur Nedbank Besigheidsbankdienste aangestel as ʼn landbou besigheidsbestuurder waarna hy in 2017 aangestel is as Hoof van Navorsing en Ekonomie by die Sernick Groep met die hoofdoel om die verskillende prosesse en produkte in die groep se waardeketting te verbeter deur navorsingsresultate en innoverende ideë in te sluit.

Sedertdien het Phillip ook navorsing gedoen oor die optimale strategie van groeibevorderaars vir voerkraalprestasie, vleiskwaliteit en verbruikersvoorkeure. Asook die effek van natuurlike olies in die voerrantsoen, op voerkraalprestasie en karkasvetsure samestelling vanuit 'n gesondheidsperspektief. Hy is ook betrokke by intensiewe skaapboeropleiding, produk- en sisteemontwikkeling deur ʼn vennootskap tussen Sernick en Mamre Initiative. Deur sulke navorsing poog die Sernick Groep om die maatskappy se boerderymetodes te verbeter aangesien die maatskappy glo dat innovasie die enigste manier vorentoe is.

0