43ste Produksie Veiling

55 Stoetbulle Fase C getoets, waaronder 5 kuddevaars en 870 vroulike diere

Vrydag 4 Junie 2021 @ 11vm Liebenbergstroom, Edenville
Nick-Serfontein

Nick Serfontein

Voorsitter Van Die Sernick Groep

Nick Serfontein is in 1948 op die plaas Liebenbergstroom naby Edenville in die Vrystaat gebore waar Sernick se plaasbedrywighede nou geleë is. Hy het in 1966 aan die Hoërskool Edenville gematrikuleer as deel van ʼn klas van slegs agt leerders. Sy familie het ʼn gemengde boerhandeling gehad en hy het groot geword met ʼn sterk belangstelling en liefde vir die verbouing van die grond en die grootmaak van diere. Hy wou baie graag boer, maar is deur sy ouers afgeskrik wat uit ondervinding kon sê dat die boerdery 'n moeilike lewe was. Uiteindelik het hul hom oorreed dat daar geen toekoms op Liebenbergstroom was nie en hy is ná skool weg om ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Hy het in 1970 sy studies voltooi en as Hoofingenieur by Sapekoe Tea Estates begin werk; verantwoordelik vir die beplanning, ontwerp, en konstruksie van damme, besproeiingskemas en tee verwerkingsfasiliteite.

Na vyf jaar is hy weg by Sapekoe Tea Estates en het by Norse Construction begin werk tot 1977. Hy het toe by Eksteen, Van Der Walt & Nissen – ʼn ingenieursfirma in Mafikeng - as ʼn raadgewende ingenieur aangesluit. Na slegs ses maande is hy as direkteur by Eksteen, Van Der Walt & Nissen aangestel. Serfontein het hom uiteindelik in ʼn posisie gevind war hy sy passie vir boerdery kon nastreef terwyl hy werk en hy het in 1983 sy Bonsmara stoet begin deur ʼn 250ha stuk grond en 30 kommersiële Bonsmara verse te koop. Dit was die verwesenliking van ʼn lewenslange droom en die begin van wat die Sernick Groep sou word. Die naam Sernick is die saamsmelt van SER uit die van Serfontein en sy naam NICK. In 1991 het hy die medestigter van EVN Consulting Engineers geword wat in 1999 herstruktureer is om die Bigen Africa Group te word waarvan hy as voorsitter aangestel is.

In 1990 het Nick besluit dat beesboerdery alleen nie genoeg was nie – hy het verplig gevoel om iets te doen wat waarde tot die plaas en gemeenskap gevoeg het en wat boerdery meer koste-effektief gemaak het. Gedurende die volgende 10 jaar het hy meer grond aangeskaf, die familieplaas ingesluit, en het die stoet uitgebrei. Hy het aan gegaan om die Fase-C bultoetsstasie, ʼn voerfabriek, en ʼn voerkraal by te voeg en het die Kroonstad Slagpale aangekoop. Serfontein het vir 20 jaar sy tyd tussen die plaas en sy ingenieursfirma verdeel. In 2003 het hy by Bigen Africa afgetree om al sy tyd aan Sernick toe te wy. Tydens die 20 jaar is die stoet verskeie kere verminder om die waardeketting te finansier. In 2010 is die waardeketting voltooi met Sernick se intrede tot die kleinhandelsmark. Vandag bestaan die Sernick Groep uit ʼn integreerde waardeketting wat Bonsmara beeste produseer, ʼn voerkraal, voerfabriek, slagpale, vleisverwerkingsaanleg en kleinhandel slaghuise. Die Sernick Groep het tans +-550 werknemers in diens en het ʼn jaarlikse omset van R1.2 biljoen. Gedurende 2016 het Serfontein die volgende prestasies ontvang: LNR trop van die jaar, Vrystaat Boer van die Jaar en Mentor van die Jaar. In 2018 het hy ook ʼn toekenning as Beeld se nuusmaker van die jaar ontvang na sy ope brief aan President Cyril Ramaphosa soos ʼn veldbrand aanlyn versprei het.

Nick glo dat alles wat hy deur die jare bereik het aan sy geloof, die oortuiging dat drome kan waar word en sy besluit om homself met eendersdenkende en dinamiese mense wat passievol oor landbou is te omring, toegeskryf kan word. In Julie 2018 het hy ʼn ope brief aan die President geskryf oor grondhervorming. In sy brief het hy die President aangemoedig om kommersiële boere by grondhervorming in te sluit. Hy glo dat die enigste manier om suksesvolle swart boere in Suid-Afrika te vestig, is deur dié met vermoë te kies en aan hulle opleiding, toegang tot finansiering en mentorskap te bied.

Nick dien tans op die Adviespaneel oor Grondhervorming saam met nege ander lede wat deur die President aangestel is.