Wolskaaplek
Lekmiddels & Lekblokke
- Kategorieë
- Lekmiddels & Lekblokke
- Wolskaaplek
| REGISTRATION: ACT 36 - Pending |
|---|
| Recommended Daily Intake |
|---|
- Kategorieë
- Lekmiddels & Lekblokke
- Wolskaaplek
Sernick Wolskaaplek is ’n klaargemengde lek met genoeg energie, hoëkwaliteit-proteïen en minerale om vleis-, wol- en melkproduksie te stimuleer. Hierdie lek word die afgelope paar jaar met groot sukses as onderhoudslek op droë winterweiding gebruik. Die hoë persentasie deurvloeiproteïen en swaelbevattende aminosure bevorder melkvloei, verhoog biesgehalte en voorkom dat die diere “breekwol” kry weens stres tydens swak voedingsomstandighede. Dit stimuleer diere vir beter veldbenutting deurdat dit die mikro-organismes in die grootpens stimuleer om grasse beter te verteer. Wolskaaplek verminder die impak wat parasietbesmetting op die produktiwiteit van kleinvee het, deurdat dit die immunologiese weerstand van diere veral tydens tye van stres (bv. paring, laat dragtigheid, lam- en speentyd) verhoog.
VOEDING AANBEVELING:
Hierdie is ’n aanvulling en nie ’n voer nie. Genoegsame weiding en/of ruvoer moet altyd beskikbaar wees. Hou lekbakke vol en voorkom gulsige vreet deur honger diere. Oorinname kan vergiftiging veroorsaak. Voordat ’n NPN-bevattende lek gevoer word, moet ’n gewone sout/fosfaatlek vir minstens 7 dae gevoer word. Vir meer inligting en advies kan Sernick tegniese personeel geskakel word.
VORM EN VERPAKKING:
WAARSKUWING:
