Winterlek 40
Lekmiddels & Lekblokke
- Kategorieë
- Lekmiddels & Lekblokke
- Winterlek 40
| REGISTRATION: ACT 36 - Pending |
|---|
| Recommended Daily Intake |
|---|
- Kategorieë
- Lekmiddels & Lekblokke
- Winterlek 40
Winterlek 40 is ’n klaargemengde, kostedoeltreffende onderhoudslek vir beeste en skape wat die nodige proteïen en minerale verskaf om die mikro-organismes in die grootpens te stimuleer om onsmaaklike grasse en/of hooi in die wintermaande effektief te benut. Winterlek 40 help om massaverlies in die wintermaande teen te werk, “droëgalsiekte” te beheer en eetlus aan te wakker. Hierdie lek is stofvry, het ’n lekker los struktuur en kan maklik met graan gemeng word om as ’n produksielek te gebruik.
VOEDING AANBEVELING:
Hierdie mengsel is ’n proteïen-mineraalaanvulling en nie ’n voer nie. Voldoende weiding moet ten alle tye beskikbaar wees. Hou voertrôe vol en voorkom oorinname deur honger diere. Oorinname kan vergiftiging veroorsaak. Voordat ’n NPN-bevattende lek gevoer word, moet ’n gewone sout/fosfaatlek vir minstens 7 dae gevoer word. Vir meer inligting en advies kan Sernick tegniese personeel geskakel word.
VORM EN VERPAKKING:
WAARSKUWING:
