Sernick Winslek 50
Lekmiddels & Lekblokke
- Kategorieë
- Lekmiddels & Lekblokke
- Sernick Winslek 50
| Registrasie: Wet 36/1947 |
|---|
| V12724 |
|---|
| AANBEVOLE DAAGLIKSE INNEMING |
|---|
| g/dier/dag | ||
|---|---|---|
| Beeste | 300 - 350 | |
- Kategorieë
- Lekmiddels & Lekblokke
- Sernick Winslek 50
Winslek 50 is ’n klaargemengde, kostedoeltreffende onderhoudslek vir beeste wat die nodige proteïen en minerale verskaf om die mikro-organismes in die grootpens te stimuleer om onsmaaklike grasse en/of hooi in die wintermaande effektief te benut. Winslek 50 help om massaverlies in die wintermaande te beperk, “droëgalsiekte” te beheer en eetlus aan te wakker. Hierdie lek is stofvry, het ’n lekker los struktuur en kan maklik met graan gemeng word om as ’n produksielek te gebruik. Weens ’n hoër vlak van proteïene afkomstig vanaf NPN-bronne, word die produk nie vir skape aanbeveel nie en is dit dus slegs vir beeste geskik. Winslek 50 werk veral goed wanneer daar baie gras of hooi van swak en/of suur gehalte beskikbaar is. Sodra die veld en/of hooi min raak, moet daar na Winterlek 40 oorgeskakel word.
VOEDING AANBEVELING:
Hierdie mengsel is ’n proteïen/mineraalaanvulling en nie ’n voer nie. Voldoende weiding moet ten alle tye beskikbaar wees. Hou voertrôe vol en voorkom oorinname deur honger diere. Oorinname kan vergiftiging veroorsaak. Voordat ’n NPN-bevattende lek gevoer word, moet ’n gewone sout/fosfaatlek vir minstens 7 dae gevoer word. Vir meer inligting en advies kan Sernick tegniese personeel geskakel word.
VORM EN VERPAKKING:
Lek is beskikbaar in sakke van 50kg.
WAARSKUWING:
