Sernick Presisie Lamkruipkorrels

PRESISIE SKAAPREEKS

Registrasie: Wet 36/1947
V31526

Kruipvoer het ’n integrale deel van beide intensiewe en ekstensiewe slaglamproduksiestelsels geword en wel vanweë die volgende redes:

  • In intensiewe stelsels is vroegspeen noodsaaklik en moet kruipvoer voorsien word om lammers op bv. 56 dae te speen. Selfs in ekstensiewe stelsels kan vroeër gespeen word indien kruipvoer voorsien word sodat die ooi langer kans het om te herstel voor die volgende dekseisoen. In droogtetoestande is dit ook raadsaam om ooie vroeër te speen.
  • In beide intensiewe en ekstensiewe stelsels vergemaklik kruipvoeding aanpassing van lammers in die voerkraal. Sernick Presisie Lamkruipkorrels is spesiaal geformuleer om rumen-ontwikkeling te stimuleer en het ’n hoë natuurlike proteïen-inhoud om in die behoeftes van die lam te voorsien. Daarbenewens bevat die produk ’n kosidiostaat wat koksidiose by jong lammers voorkom.

    Die grootste uitdaging in die voorsiening van kruipvoer is om die lammers kruipvoer op ’n jong ouderdom te leer vreet. Vir hierdie doel is Sernick Presisie Lamkruipkorrels met smaaklike grondstowwe geformuleer en is pilgrootte ook optimaal.

    Dit is egter ook belangrik vir die produsent om aan die volgende aandag te gee ten einde kruipvoerinname te stimuleer:

    • Begin kruipvoer ad lib voorsien nadat ooie en lam uit die lamhokkie kom.
    • Plaas kruiphokke naby die ooie se voer en waterkrippe.
    • Maak gebruik van ’n verstelbare opening om vrye toegang tot kruipvoer te verleen.
    • Maak seker dat vars kruipvoer daagliks voorsien word en verwyder ou voer daagliks.

    Lammers kan gespeen word indien die groep lammers ’n gemiddeld van 250 g kruipvoer per lam per dag inneem.

Inleiding

Die Sernick Presisie Skaapreeks is ontwikkel om in die behoeftes van ooie vir alle fisiologiese stadia in beide ekstensiewe en intensiewe stelsels te kan voorsien. Alle produkte is wetenskaplik geformuleer en onder praktiese boerdery toestande geëvalueer ten einde maksimale doeltreffendheid vir die progressiewe skaapboer te verseker.

Produkte is geformuleer met die oog op maksimale mikrobe proteïen sintese en rumen gesondheid en is dus veilig om te gebruik indien dit volgens voorskrif gevoer word.

Hoewel algemene riglyne vir die aanwending van produkte voorsien kan word, is dit belangrik om daarop te let dat die daaglikse voedingsbehoefte van die ooi binne ʼn fisiologiese stadium deur ʼn verskeidenheid faktore beïnvloed word, waarvan die volgende die belangrikste is:

  1. Ooi kondisie en massa
  2. Multiple birth statuses
  3. Wolproduksie
  4. Ras en genetiese groeipotensiaal
  5. Ruvoer en weidingskwaliteit
  6. Kampgrootte en aktiwiteit

Aangesien al hierdie faktore in ag geneem is by die ontwikkeling van die produkte, is dit derhalwe belangrik dat ’n Sernick tegniese adviseur betrek moet word om finale aanbevelings ten opsigte van die keuse en daaglikse innames per ooi per dag te maak. Dit sal verseker dat die produsent maksimum waarde uit die produkte verkry.

Kobus Theart

Kobus Theart

Kobus Theart

Kriek van Niekerk

Wiegard Brummer

Stoffel Gouws

CM Kotze

CM Kotze

Wiegard Brummer

Danie Fourie

Mienke Van Rensburg

Mienke Van Rensburg

Bethal Depot

Alijay van der Merwe

TEGNIESE ADVISEURS
KontakpersoonKontak Telefoon NommerE-posadresArea / Posbeskrywing
Kobus Theart078 505 5363kobust@sernick.co.zaNoordwes, Gauteng & Mpumalanga
Kriek van Niekerk076 757 6771kriek@sernick.co.zaNoord- & Wes-Vrystaat
Wiegard Brummer082 804 3462wiegard@sernick.co.zaCentral & Southern Free State & Eastern Cape
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaKZN
CM Kotze082 553 7189cm.kotze@sernick.co.zaEastern Free State & KZN
Mienke Van Rensburg084 426 1276mienke@sernick.co.zaNorth West and Northern Cape
Danie Fourie071 083 5601daniefourie@sernick.co.zaOos- & Noordoos-Vrystaat
BESTELLINGS
Bestellingsklerk066 426 7771orders@sernick.co.za-
FABRIEK
KontakpersoonKontak Telefoon NommerE-posadresPosbeskrywing
Alwyn Laas082 056 8065alwyn@sernick.co.zaBedryfsbestuurder
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaBesturende Direkteur: Sernick Veevoere
DEBITEURE
Ann Dalton082 620 4045debtors@sernick.co.za-
DEPOTS
Aljay van der Merwe072 241 2032bekkermeule@gmail.comBethal
VOEDINGSKONSULTANTE
KonsultantKontak Telefoon NommerTipe voeding
Dr. Piet Swiegers082 579 4290Herkouervoeding
Jannie Maritz082 417 8196Monogastriese voeding

UREUMVERGIFTIGINGSGIDS

WAARSKUWING

  • Hierdie veevoer bevat ureum en ander NPN-bronne en moet streng volgens die aanbevelings gevoer word.

  • Diere wat nie op ureumrantsoene aangepas is nie, moet eers 7 dae ’n sout/fosfaatlek gevoer word. Asyn is ’n doeltreffende middel teen NPN-vergiftiging. Meng met gelyke hoeveelheid water en doseer ’n halwe bottel per kalf of groot skaap en 2 - 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml).

  • Beskerm hierdie voedsel teen reën. NPN is oplosbaar en diere wat so ’n oplossing drink, kan vergiftig word.

  • Moenie hierdie veevoedsel onoordeelkundig saam met ander NPN-bevattende veevoedsel voer nie.

Raadpleeg Sernick se tegniese personeel vir meer inligting of navrae.