Presisie Ooilek 16
Presisie Skaapreeks
- Kategorieë
- Presisie Skaapreeks
- Presisie Ooilek 16
| Registrasie: Wet 36/1947 |
|---|
| V31527 |
|---|
- Kategorieë
- Presisie Skaapreeks
- Presisie Ooilek 16
Hierdie lek is geformuleer as aanvulling vir ’n verskeidenheid veldtoestande vir die volgende fisiologiese stadia:
• Prikkelvoeding
Vir die beste besettingsyfer moet ooie met ’n LKP (liggaamkondisiepunt) van tussen 2.5 en 3.5 in ’n stygende energiebalans vir 17 tot 28 dae voor dekking wees. Die doelwit is om ’n LKP van 3.5 met dekking te bereik. Om hierdie teiken te bereik, kan 400 tot 500 gram Presisie ooilek per dag voorsien word.
• Vroegdragtigheid (Eerste 30 dae)
Dit is belangrik om dieselfde vlak van lekaanvulling as gedurende die prikkelfase te handhaaf, aangesien enige voedingsverandering gedurende hierdie fase ’n nadelige effek op die inplanting van die embrio kan hê.
• Mid-dragtigheid
Gedurende hierdie fase word slegs in die onderhoudbehoefte van die ooi voorsien, en moet Presisie ooilekinname van 200 tot 300 gram per ooi per dag beperk word, afhangend van die faktore wat in die inleiding genoem is. Hoewel die voedingsbehoefte van die ooi gedurende hierdie periode relatief laag is, kan ondervoeding gedurende hierdie periode die ontwikkeling van die plasenta benadeel en gevolglik lei tot klein, onderontwikkelde lammers by geboorte.
