43ste Produksie Veiling

55 Stoetbulle Fase C getoets, waaronder 5 kuddevaars en 870 vroulike diere

Vrydag 4 Junie 2021 @ 11vm Liebenbergstroom, Edenville

Inligting

Ons voerfabriek is in 1997 gestig om voer vir die bultoetsstasie te voorsien. Vandag kan die fabriek meer as 12 000 ton voer per maand produseer. Ongeveer 35% van die geproduseerde voer word direk gelewer aan ons eie voerkraal en die plaas, en die res word aan kliënte in die Vrystaat en naburige provinsies verkoop.

Die Sernick Veevoer fabriek lewer 'n uitstekende reeks van 115 verskillende mengsels. Die reeks bevat suiwel- en veevoere, lekke, voer vir varke, skape, en braaikuikens, asook korrels vir wildboerderye. Die nuutste toevoeging is die presisie voedingsreeks vir optimale prestasie in die intensiewe skaapboerdery.

Ons span hou toesig oor elke stap van die proses, van seleksie van grondstowwe tot aflewering, om produkte van hoë gehalte te verseker waarop ons kliënte kan vertrou en staatmaak.

0