43ste Produksie Veiling

55 Stoetbulle Fase C getoets, waaronder 5 kuddevaars en 870 vroulike diere

Vrydag 4 Junie 2021 @ 11vm Liebenbergstroom, Edenville

Afronding van kalwers en lammers op die plaas vir die Desember mark

Afronding van kalwers en lammers op die plaas vir die Desember mark

1) Praktiese afronding op die plaas en produksie-faktore wat in ag geneem moet word

Basiese fasiliteite en hulpbronne wat benodig word om kalwers of lammers af te rond op die plaas sluit krale, water- en voerfasiliteite, water- en voer-voorsienning, ʼn weegskaal en arbeid in.

Kraal-grootte kan op 12m2/kalf en 2m2/lam bereken word. Voerbak-spasie van 30cm/kalf en 15cm/lam word benodig. Water-inname is gemiddeld 45-50L/kalf/dag en 5-6L/lam/dag. Faktore wat ‘n rol speel in die winsmarge sluit onder andere ras, geslag, groeistimulante, die voer se nutrientwaarde, gemiddelde daaglikse toename (GDT), voeromsetverhouding (VOV), voerperiode, en uitslag persesntasie in (Oosthuizen, 2016).

Tabel 1:            Produksie faktore vir die afronding van kalwers en lammers            

Spesie KalwersLammers
  Van:Tot:Van:Tot:
GDTkg/dag1.51.90.220.38
Voerinnamekg/dag11131.31.6
VOVkg voer: kg gewig5.88.63.47.3
Uitslag %%58%61%46%48%
Voerperiodedae1001405565

2) Invloed van inset-en-uitsetpryse asook prystendense wat voordelig kan wees

Inset-en-uitsetpryse kan ‘n betekenisvolle verskil in die winsmarge van afronding speel, in beide speenkalwers en speenlammers. Seisoenale prystendense kan gebruik word om gunstige speenkalf/speenlampryse en kaskaspryse te ondersoek om sodoende tydsberekening te gebruik vir potensiële hoër wins.

Die prysindeks in Figure 1 en 2 is bereken deur die afgelope drie jaar se pryse op ‘n maandelikse basis teen die spesifieke jaar se gemiddeld te stel en dus ‘n maadelikse indeks te bepaal. Die indekse is as gemiddeld van 2019-2021 geplot in Figure 1 en 2, vir bees en skaap onderskeidelik. ‘n Indeks bo 100% dui dus ‘n hoër prys teenoor die jaar gemiddeld en visa versa. ‘n 8-jaar gemiddeld (2014-2021) het dieselfde tendense getoon.

Figuur 1:              Speenkalf-en-beeskarkasprys indekse (3-jaar gemiddeld, 2019-2021)

Figuur 1 dui aan dat die speenkalf prys laag en onder die jaargemiddel is tussen April en Julie, wat die die seisonale speen tyd is. Hoër aanbod van kalwers in die mark verlaag die prys. Dit is ook duidelik dat wanneer die aanbod van kalwers laer is, die prys hoër neig, soos in die lente en somer maande.

Die karkasprys is hoog in Desember weens die feesseisoen wat vraag stimuleer. Die vraag en dus prys-stygging bou op na Desember en verlaag drasties in Januarie na afloop van die feesseisoen. Dit sal dus gunstig wees om gevoerde kalwers teen jaareinde te bemark om die gunstige karkasprys te benut.

Die aankoop van kalwers moet dus tussen 4 en 5 maande voor die bemarkingstydpek geskeduleer word, dus Augustus en September. Die speenkalf prys is wel reeds bo gemiddeld teen hierdie tyd. Teenstrydig weens die invloed van bek-en-klouseer is die speenkalf prys tans 5% onder die jaar gemiddeld wat geleentheid skep om potensiële hoër winsmarges te realiseer deur kalwers self te voer in die huidige scenario, met addisionele klem op die logistieke uitdagings weens die virus.

Figuur 2 dui die speenlam en karkas prys indeks tendens aan.

Figuur 2:              Speenlam-en-karkasprys indekse (3-jaar gemiddeld, 2019-2021)

‘n Duidelike tendens in Figuur 2 kan waargeneem word waar die speenlamprys onder-gemiddeld laag is tussen Januarie en April en bo-gemiddeld hoog is tydens die winter maande. Hierdie tendens is hoofsaaklik weens ‘n hoë aanbod van lammers vroeg in die jaar (seisoenale speentyd) en verlaagte aanbod teen Mei.

Soos in die geval van beesvleis is die A2-lamprys ook hoog in Desember met die feesseisoen se aanvraag. Hoë karkaspryse word ook in die winter maande ervaar, hoofsaaklik weens ‘n lae aanbod van lammers twee maande tevore, soos bespreek, wat deur die voerproses gaan om aan die karkas-vraag te voldoen.

In die huidige periode blyk dit dat Desember ‘n gustige karkasprys kan bied met ‘n gemiddelde speenlamprys as inset. Om lammers self te voer vir die Desember mark kan dus voordelig wees as die prystendens in ag geneem word.

3) Winsmarges (Waarde-toevoeging)

Speenkalf-afronding op die plaas kan in twee fases gedeel word naamlik ‘’backgrounding’’ en afronding. ‘’Backgrounding’’ is die aanpassingsfase vir die voerkraal waar kalwers se rumens aangepas word vir die hoë-energie graan-rantsoen van die voerkraal, hulle immuniteit opbou en sosiaal aanpas. Die fase is belangrik vir goeie poduksie en dus wins in die voerkraal, maar kan ook ‘n goeie winsmarge realiseer.

Die voerinname van aangekoopte byvoeding tot die veld is laag met relatiewe goeie groei in ruil daarvoor. ‘n Minimum van 30 dae word aanbeveel. Die tydperk hang af van die speengewig van die kalwers, die GDT en die teikengewig vir die voerkaal. ‘n Maksimum van 250kg voerkraal intree-gewig moet nie oorskry word nie, aangesien winsmarge in die voerkraal dan verlaag.

In die scenario soos uitgestip in Tabel 2, word kalwers vroeg op 190kg gespeen. Dit bied ruimte vir addisionel winsmarges in die ‘’backgrounding’’ en voerkraal a.g.v. die laer intree gewig. Vroeg speen haal ook druk van die koeie af en bied meer tyd vir herstel na die winter.

Die voerkraalfase is dan die vol-intensiewe voerfase waartydens hoë produksie-uitsette bewerkstellig moet word. Die voerprys-tot-karkasprys verhouding beperk die periode vir optimale winsmarges tot 100 dae om steeds ‘n karkas gewig bo 240kg te realiseer. ‘n Voerinname van 3.6% van liggaamsgewig en GDT van 1.75kg is gebruik in die Tabel 2 scenario. Die opsie om self op die plaas konsentraat te meng met mielies en ruvoer bewerkstellig ‘n laer voerprys wat die winsmarge verhoog, maar mengfasiliteite op ‘n plaas kan ‘n beperking wees.

Met die afronding van lammers is een fase in die voerkraal voldoende. ‘n Kortstondige rumen-aanpassing word wel gedoen deur net addisionele ruvoer in die kraal te voorsien. In Tabel 2 is ‘n algemene intree-gewig van 30kg gebruik. Die eindgewig moet nie meer 50kg wees nie, om karkaste bo 25kg te vermy. Die GDT kan heelwat wissel tussen verskillende rasse wat in ag geneem moet word.

Die wol-inkomste kan ook ‘n beduidende invloed op die totale winsmarge hê, maar dit is nie in Tabel 2 in berekening gebring nie. Die voordeel van self meng op die plaas kan ook voerkoste verminder, maar weereens is mengfasiliteite moontlik ‘n beperking. Verder word verpilling aanbeveel om lammers te voer om vermorsing te beperk en inname te stimuleer. Verpillingstoerusting is egter ook ‘n beperking op plaasvlak.

Die scenario in Tabel 2 sluit rente, arbeid en mortaliteit uit. Die 2% variasie in porduksie- en prysfaktore is gedoen deur 10 scenarios van winsmarge te bereken op grond van ‘n 2% toename en afname in aankoopprys, karkasprys, voerprys, GDT, voerinname, voerperiode, aankoopgewig en uitslag-persentasie. Die die minimum, gemiddeld en maksimum winsmarges is hieruit bereken.

Tabel 2: Winsmarges vir ‘’backgrounding’’, kalwers en lammers se afronding

Volgens die berekening in Tabel 2 kan ‘n goeie winsmarge gerealiseer word in die ‘’backgrounding’’ fase (11% ROI) en addisionele waarde kan toegevoeg word deur die kalwers te voer vir slagting (12% ROI). Die moontlike winsmarge varieër tussen R683 en R1151 met ‘’backgrounding’’ en R793 en R1963 in die voerkraal. Die lam-afrond-berekening toon goeie winsmarges (8% ROI), in ag genome dat dit ‘n korter voertydperk is in vergelyking met bees-afronding. Die marges wissel tussen R82 en R242/lam. Die self-meng opsie toon ook dat addisionele marges bekom kan word mits dit prakties op die plaas moontlik is.

Met verwysing na die gunstige prystendense vir die Desember-mark kan die gemiddelde tot maksimum winsmarges realiseer wat goeie potensiaal vir waardetoevoeging op die plaas inhou.

Verwysing:

Oosthuizen, P. L. (2016) ‘The profit-maximising feeding period for different breeds of beef cattle’, MSc study.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

For security, use of Google's reCAPTCHA service is required which is subject to the Google Privacy Policy and Terms of Use.

Subscribe to our Newsletter

Subscribe to Sernick for our latest news, articles and promotions 

Kobus Theart

Kobus Theart

Kobus Theart

Kriek van Niekerk

Wiegard Brummer

Pierre Kapp

CM Kotze

CM Kotze

Danie Fourie

Bethal Depot

Alijay van der Merwe

TECHNICAL ADVISORS
Contact PersonKontak Telefoon NommerE-mail AddressArea/Job Description
Kobus Theart078 505 5363kobust@sernick.co.zaNorth West | Gauteng & Mpumalanga
Kriek van Niekerk076 757 6771kriek@sernick.co.zaNorthern & Western Free State
Wiegard Brummer082 804 3462wiegard@sernick.co.zaCentral & Southern Free State
Pierre Kapp078 105 5764pierre.kapp@sernick.co.zaKZN
CM Kotze082 553 7189cm.kotze@sernick.co.zaOos-Vrystaat & Oos-Kaap
Danie Fourie071 083 5601daniefourie@sernick.co.zaEastern & North-Eastern Free State
ORDERS
Order Clerk066 426 7771orders@sernick.co.za-
FACTORY
Contact PersonKontak Telefoon NommerE-mail AddressJob Title
Alwyn Laas082 056 8065alwyn@sernick.co.zaOperational Manager
Stoffel Gouws082 579 4290stoffel@sernickgroup.co.zaManaging Director: Sernick Feeds
DEBTORS
Ann Dalton082 620 4045debtors@sernick.co.za-
DEPOTS
Aljay van der Merwe072 241 2032bekkermeule@gmail.comBethal
NUTRITIONAL CONSULTANTS
ConsultantKontak Telefoon NommerType of Nutrition
Dr. Piet Swiegers082 579 4290Ruminant Nutrition
Jannie Maritz082 417 8196Monogastric Nutrition

UREA POISONING GUIDE

WARNING

  • These animal feeds contain urea and other NPN sources. Pellets should be fed strictly according to the directions for use.

  • Animals that are not adapted to urea rations must be fed a salt-phosphate lick for seven (7) days prior to feeding urea rations. Vinegar is an effective antidote for NPN poisoning. Mix equal parts of vinegar and water and dose half a bottle per calf or large sheep and 2–4 bottles per head of cattle (1 bottle = 750ml).

  • Protect feed from rain as NPN can dissolve in water. Animals that consume this contaminated mixture can be poisoned.

  • Do not offer this feed indiscriminately with other feeds that contain NPN.

Contact the Sernick technical staff for further information and enquiries.