ONS STORIE
GESKIEDENIS & AGTERGROND
DIE SERNICK GROEP
soos dit vandag bekend is, is gebore uit 'n jong Nick Serfontein se droom om 'n boer te word. Sy ouers het hom aangeraai om 'n ander loopbaan te kies, wat hy gedoen het, maar sy droom om te boer was 'n roeping wat hy net nie kon stilmaak nie.
In 1983 het Nick sy jarelange droom verwesenlik toe hy sy eerste trop 30 kommersiële Bonsmara-verse en 'n klein lappie grond gekoop het. Die een droom bring toe die volgende voort en Nick se voortdurende soeke na die beste resultate het daartoe gelei dat hy uitgebrei het na die volgende stappe in die waardeketting. Die gevolg is die Sernick-groep, soos dit vandag bekend staan, 'n gediversifiseerde landbou-organisasie wat die volledige waardeketting besit en met oorleg oorsien.
Sernick is gevestig in Edenville en Kroonstad in die Vrystaat, en bestaan uit 'n Bonsmara-stoetery, 'n kommersiële Bonsmara-kudde, 'n fase C-bultoetsstasie, sowel as 'n veevoerfabriek, 'n voerkraal, 'n slaghuis en kleinhandel-slaghuise. Sernick bestaan vandag uit sewe sake-entiteite wat elkeen waarde tot die groep toevoeg. Die groep het meer as 600 mense in diens met 'n jaarlikse omset van R 1,5 miljard.
Hier by Sernick is ons optimisties oor die toekoms van die landbou in Suid-Afrika. Ons beplan om net so gehard en aanpasbaar te wees soos die pragtige Bonsmara-ras wat ons herkoms definieer, en ons is opgewonde oor die beloftes van innovasie en verbetering wat die toekoms vir ons inhou.
Sien volledige Sernick-tydlyn hier: