sernick
Abattoir
Sernick het die Kroonstad-abattoir in 1997 gekoop en opgegradeer. Dit staan vandag bekend as die Sernick Country Meat-abattoir en kan tot 275 beeste per dag slag. 60% van die beeste is afkomstig van ons eie voerkraal, terwyl die oorblywende 40% van ander voerkrale en boere gekoop word, wat ons help om ons landbouverhoudinge te kweek en handhaaf. In 2012 is 'n ontbeningsaanleg bygevoeg met 'n kapasiteit van 450 agterkwartiere per dag. Opdeling- en verwerkingsfasiliteite is in 2016 bygevoeg met 'n kapasiteit van 2 ton per dag.
STEL JY BELANG OM JOU VEE
TE VERKOOP?